VOETSPORE…..JOU HUIS

BLY

My huis se dak
is BLY ! Neh 8:11

Sy NAAM
is die mure
rondom my ! Sprk 18:10

Binne is dit LIG
want in Hom
is géén duisternis! Joh 8:12

VREDE is die vloer
waarop my voete rus!
Fill 4 : 7

Sy VREES
die sig
wat my verstand rig !
Ps 111 : 10

Sy TROU
is die stene
waarmee ek bou !
1 Joh 1 : 9

Sy KRAG
die mag
wat my regop hou !
Jes 40 : 31

DEUR Hom
gaan ek in ! Joh 10 : 9

Sy BROOD
gee my Lewe
sodat ek nooit honger ly!
Joh 6 : 35

Hy BOU my huis.
Hy HOU my huis in stand
in Sy Almagtige Vaderhand.
Ps 127

Sy LIEFDE lei. 1Joh 4 : 8
Sy GENADE beskerm my !
Efes 2 : 8

Hy is die HOEKSTEEN
waarop alles rus !
1 Petrus 2 : 6

Wie Hom KEN
weet
HY IS !!! Exod 3 : 14

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →