Met die suksesvolle vrystelling van sy eerste 2 enkelsnitte, Soos Die Seisoene & Het Jy Geweet het Dwayne Griffin reeds diep in Afrikaanse musiekharte kom kruip, en nou is hierdie twintigjarige jongman van Krugersdorp gereed om gehore die wereld se realiteit te laat ontsnap met sy derde solo enkelsnit, Stilbaai se Strand.

Die liedjie kan beskryf word as ‘n Afrikaanse kontemporêre enkelsnit wat luisteraars uit die realiteit neem en laat ontsnap na hulle eie “fantasie-wêreld” of “gelukkige plek”, maar dat altyd net besef moet word dis net ‘n tree weg van die werklike realiteit waarin hul leef en kan net vir ‘n kort rukkie ontspan.
Alhoewel, hy sing van “Ek”, was Dwayne nog nooit self in Stilbaai gewees nie, maar volgens hom, gaan die publiek beslis aanklank vind by die snit, omdat almal hulle eie “fantasie wêreld” of “gelukkige plek” het om na toe te ontsnap, al is dit “in die bosveld, by die see, kamp & visvang of net ‘n tydtjie te neem vir jouself. “Die doel van die liedjie is om unieke betekenis te hê vir elkeen wat daarna luister, sodat hulle met die boodskap kan vereenselwig.”
Hy is nou maar net twee jaar amptelik in die musiekbedryf doenig, maar hy is beslis nie ’n groentjie wanneer dit by musiek kom nie en het al op die ouderdom van twaalf ernstig begin raak oor musiek. Hy het op hoërskool in die koor gesing en gereeld deelgeneem aan verskeie musiekkompetisies en -konserte waarin hy goed presteer het. Hy was ook mede-skrywer van die Staan Sterk in Afrikaans Konsert, wat deur onafhanklike kunstenaars op die been gebring is, se temalied.
Dwayne geniet en sing ’n wye verskeidenheid genres, wat wissel van Country en Rock tot Afrikaans en Pop en sal graag nog eendag saam met Ruhan du Toit en Riana Nel wou werk. Omdat hy baie kreatief is, hou hy ook daarvan om homself deur middel van verskillende mediums uit te druk. Daarom doen hy grafiese ontwerpe in sy vrye tyd wanneer hy nie op die verhoog is nie.
Tans is hy en sy span hard besig om aan sy eerste album te werk, wat hy graag volgende jaar sal wil vrystel. “Dit gaan oorspronklike musiek, asook my weergawes van bekende liedjies, bevat sodat die luisteraars my, as kunstenaar, beter kan leer ken.”

Oor die afgelope twee jaar, het die musiekbedryf hom geleer om gemaklik te wees in sy eie vel en op die verhoog.
Hy was nog altyd vasberade om sy musiek op die radio te hoor en voel bevoorreg om reeds sy derde enkelsnit onder die knie te hê.
Daar is nog baie wat hy in die toekoms wil bereik en met ’n liedjie soos Stilbaai Se Strand, is hy beslis op die regte pad om ’n groot sukses van sy musiekloopbaan te maak.
Olka Bolka het ‘n onderhoud met Dwayne gehad om meer oor hom uit te vind.
Vertel ons lesers waar jy gebore en grootgeword, waar bly jy tans?
Ek is gebore in Krugersdorp, Gauteng en het ook geword en bly nogsteeds in my tuisdorp – Krugersdorp.
Wat het jy na Matriek gedoen?
Ek het “Sound Engineering” gaan studeer, en voluit hard aan my sangloopbaan begin werk.
Wat doen jy behalwe musiek?
Ek is ‘n kantoor adminstrateur, en ek is ook ‘n Grafiese Ontwerper in my vrye tyd.

Vertel my van jou nuutse enkelsnit?
Die liedjie kan beskryf word as ‘n Afrikaanse kontemporêre enkelsnit wat luisteraars uit die realiteit neem en laat ontsnap na hulle eie “fantasie-wêreld” of “gelukkige plek”, maar dat altyd net besef moet word dis net ‘n tree weg van die werklike realiteit waarin hul leef en kan net vir ‘n kort rukkie ontspan.
Hierdie liedjie is geinspireer deur ‘n lewensverhaal wat ek gehoor het van ‘n familie lid wat elke Desember vir 20 jaar lank in Stilbaai gaan vakansie gehou het, tot dat haar pa 4 jaar gelede, oorlede is, en verlede jaar het sy gegaan om afskeid te neem van stilbaai, maar al haar herinneringe wat hulle gedeel het sal vir altyd by haar wees. Dus praat ek van “Ek is nog nie reg om Stilbaai se Strand te groet” in my liedjie, net om te sê jy kan dit ontsnap, maar jy kan nie daarvan weghardloop nie.
Alhoewel, ek sing van “Ek”, was ek nog nooit self in Stilbaai gewees nie, maar ek die publiek gaan beslis aanklank vind by die snit, omdat almal hulle eie “fantasie wêreld” of “gelukkige plek” het om na toe te ontsnap, al is dit “in die bosveld, by die see, kamp & visvang of net ‘n tydtjie te neem vir jouself. “Die doel van die liedjie is om unieke betekenis te hê vir elkeen wat daarna luister, sodat hulle met die boodskap kan vereenselwig.”
Skryf jy self jou liedjies?
Ja, ek skryf meerderheid van my eie liedjies self, maar dit is altyd lekker om ander mense se opinies te kry en om dit ook uit ‘n ander perspektief te hoor.
Is daar ‘n liedjie wat vir jou uitstaan wat jy opgeneem het?
My debuut enkelsnit, “Soos die Seisoene” sal altyd vir my onvergeetlik bly omdat ek my loopbaan met hom afgeskop het.
My 2de enkelsnit, “Het Jy Geweet”, om te sien hoe die mense dit op die dansvloer geniet.
Die Staan Sterk in Afrikaans – Tema lied, wat ‘n voorreg was om die mede-skrywer te wees daarvan.
En laaste maar nie die minste nie, my nuuste enkelsnit “Stilbaai se Strand” omdat daar ‘n baie spesiale betekenis is vir iemand daaragter
Wat verkies jy om Afrikaans of Engels te sing?
Afrikaans
Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?
Ek is ‘n nederige, betroubaar & kreatief, en glo vas daaraan dat almal uniek is in hulle eie manier en net hulle self wees, want daar is niemand anders as “jy” (jouself).
Wat is jou gunsteling Musiek genre?
Country, Pop en ‘bietjie Rock, maar my gunsteling bly my huistaal – Afrikaans.
Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie? —
Wat inspireer jou?
Ek is baie dankbaar vir my familie, vriende en al my ondersteuners wat my loopbaan saam my aanpak. Sonder almal se ondersteuning en motivering sou dit nie moontlik kon wees nie.
As jy saam met enigeiemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom?
Ek kyk baie op na kunstenaars met kragtige stemme en wat ‘n indruk geskep het in mense se harte soos Ruhan Du Toit, Riana Nel, Corlea en Steve Hofmeyr, en sal graag nog eendag saam met hulle wou werk.
Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?
Ek is hard besig om aan my debuut album te werk, wat ek graag volgende jaar Januarie sal wil vrystel. Waarvan meerderheid van die musiek daarop oorspronklik gaan wees, daar gaan ook weergawes van bekende liedjies wees, wat my gunsteling is om te sing. Die hoofdoel van my album is dat die luisteraars my as kunstenaar beter leer ken, en ook my tipe genre van musiek, omdat ek glo almal is uniek.
Wat is op jou emmerskoplys? (Bucket List)
Om eendag die voorreg te kan he om op die Afrikaans Is Groot konsert te kan optree saam met asemrowende kunstenaars.
Wanneer verjaar jy?
19 Januarie
Tipe Musiek: Afrikaans & Country
Sangers: Ruhan Du Toit, Corlea, Riana Nel & Steve Hofmeyr
Gunsteling liedjie: Val Op Jou Kniee van Ruhan Du Toit & Sterker van Riana Nel
Rolprent: Daar is so baie dit is onmoontlik om te kan kies 😁
Reeks: Legacies & The Originals
Kos en Drankie: ‘n “Grilled” Hoenderburger & Oreo milkshake
Ontspanning: Om ‘n reeks te kyk of musiek te luister
Vakansie: By die see
Kleur: Groen
Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.
- Onbertroubare mense, iemand waarop jy nie kan staat maak nie.
- As iemand oop mond kou, gril ek my dood.
- Spinnekoppe hou ek niks van nie
- Slange is ‘n groot NEE!

Die enkelsnit is nou beskikbaar op Apple Music, iTunes, Spotify, YouTube, Deezer, Amazon Music en meer.
Laai dit gerus hier af: https://dwaynegriffin.ampl.ink/StilbaaiSeStrand
-LIRIEKE-
Na 20 jaar het ek gewoond geraak aan jou
Ek ken jou getye, als wat jy saam my daar hou
My pa het altyd gese:
“Kom ons vat die dag op die strand,
En dan loop hand-aan-hand”
Want jy weet nie wanneer jy dit weer als kan sien
Weet nie wat het ek gedoen om dit te verdien
Onthou jy nog ons foto saam
Dis nou net ‘n gedagte in ‘n raam
Waar die blou waters jou groet
En die rivier se mond die see ontmoet
Waar ek aan my rotse vashou
Saam help my see die rigting bou
Ek vat jou hand
Ek trap in jou spore
Ek kyk net op, maar bly steeds verlore
Deur die strale wat oor die waters skyn
Dis hier waar ek in my drome kan verdwyn
Ek vat jou hand
Ek trap in jou spore
Ek kyk weer op, maar bly steeds verlore
In die wereld hier wat my uitroep
Ek is nog nie reg om Stilbaai se strand, te groet
Hoeveel keer moet ek dit nog vra
Hoekom kan die tyd nie net hier stilstaan?
My ma het altyd gese
“Onthou die stofpad op die berg,
Waar hy jou altyd terg”
Maar jy kyk na die goeie goed in die lyn
En dan volg jy net die regte sein
Jy moet onthou alles kom tot ‘n eind
Die lewe het soms sy donnerby
Waar die blou waters jou groet
En die rivier se mond die see ontmoet
Waar ek aan my rotse vashou
Saam help my see die rigting bou
Ek vat jou hand
Ek trap in jou spore
Ek kyk net op, maar bly steeds verlore
Deur die strale wat oor die waters skyn
Dis hier waar ek in my drome kan verdwyn
Ek vat jou hand
Ek trap in jou spore
Ek kyk weer op, maar bly steeds verlore
In die wereld hier wat my uitroep
Ek is nog nie reg om Stilbaai se strand, te groet
Hier waar die kampvure jou hart se snare steek
Hier waar die wind die golwe teen die rotse breuk
Hier waar die vuurwerke mooier is as in die stad
Hier waar ek als maar kan laat gaan op Stilbaai se Strand
Ek vat jou hand
Ek trap in jou spore
Ek kyk net op, maar bly steeds verlore
Deur die strale wat oor die waters skyn
Dis hier waar ek in my drome kan verdwyn
Ek vat jou hand
Ek trap in jou spore
Ek kyk weer op, maar bly steeds verlore
In die wereld hier wat my uitroep
Ek is nog nie reg om Stilbaai se strand, te groet
Ek is nog nie reg om Stilbaai se strand, te groet
Facebook – https://www.facebook.com/dwaynegriffin.official
Instagram – https://www.instagram.com/dwaynegriffin.official
YouTube – https://www.youtube.com/channel/UCJa8mrcOd2buV-qIorePcyA
TikTok – https://www.tiktok.com/@dwayneg1901
VIR MEER INLIGTING OOR DIE ENKELSNIT / KUNSTENAAR / ONDERHOUDE, KONTAK:
Dwayne Griffin: 081 804 6670
dwaynegriffin.official@gmail.com | info@dwaynegriffin.co.za