

HULDEBLYK
Hier was jy n koningin
Dag en nag is jou LOF besing.
Jy het in n GOUE KOETS gery, jy het net die béste van
alles gekry !
Jy was BÓ !
Jou volk en die wet sê so) !
Op jou kop het jy DIAMANTE gedra,
ingevoer van SUID – AFRIKA !

Goud en silwer het jy
daagliks gedra.
Jý kon besluit – Ja of Nee –
as iemand n APOLOGIE vra !
40 000 Sterftes in Suid Afrika ???
NEE – die Britse Ryk is NIE SPYT !!!
Jy was n SIMBOOL
van Britse Heerskappy.
Belangrik en vernaam,
maak nie saak hóé swaar
die mense in die Kolonies kry !


Groot en klein
kon jy hiet en gebied !
Jou voete op n Rooi Tapyt,
jou skoene het nóóit geslyt !
Jy het in n PALEIS gewoon –
op jou kop n GOUE KROON.
Die beste skole – die beste kos . . . . .
ALLES moet jy nou agterlos!
As iemand n Oudiënsie by jou kry, is hy baie bly !
Dan moet hy voor jou BUIG
en KNIEL, en mag net n paar minute bly !
Jou man loop AGTER . . . .
Jy loop VOOR.
Hy sit ONDER . . . . .
Jy sit BÓ !
Dit is die Hiërargie
van jou Monargie !


Jy het op n GOUE TROON gesit,
n GOUE SEPTER in jou hand.
n GOUE HORLOSIE wys die ure,
GOUD OMRAAMDE skiderye
teen die mure !!!
Almal in die wêreld weet van jou!
Almal ken jou NAAM !
Almal het al jou gesig gesien – maar nou,
neem jy NIEMAND SAAM !
Hierdie pad stap jy ALLEEN.
Die mense se geween,
die blomme,
die lofredes,
moet op die aarde AGTERBLY !


Nou moet jy die WARE KONING ontmoet.
Sonder jou LYGWAGTE, die skares wat wuif, en al jou mooi goed. . . . . .
Geen ROOI TAPYT –
dit is TE LAAT vir spyt !
Jy was die koningin . . . . . .
nou stap jy die EWIGHEID in!
Níemand om te keer !
Jy het géén sê meer !


Soveel RYKDOM
Soveel EER
Soveel mooi perde, soveel voorregte, soveel BLINK !Alles verdwyn in n OOGWINK !
POSISIE – RYKDOM EN EER
gaan verby.
Al wat oorbly is
KEN ek my HEER?
KEN HY my ???
Voor die WÁRE KONING
moet jý nou KNIEL.
Die WIEL het gedraai . . . .
Laat ons almal besin . . . .
Die END van die REIS –
of die BEGIN ?
Elsa du Toit – Kopiereg



