Dewald Gouws, een van Suid-Afrika se voorste Gospel-sangers mik vir nuwe horisonne met sy nuutste enkelsnit, Die Evangelie. Met besprekings vir sy optredes wat reeds tot in 2023 strek, is dit duidelik dat Dewald daarop uit is om met mening sy plek in die Afrikaanse Gospel-mark te vestig.

Dit is Dewald se missie om vir mense die ligter, liefdevoller kant van Geestelike musiek te wys: “Ek het baie keer in my lewe beleef dat prediking soms ‘n wan persepsie by individue kan agterlaat en hul selfs kan laat struikel,” meen die 47-jarige sanger wat reeds meer as 5 albums die lig laat sien het.
In sy nuutste enkelsnit, Die Evangelie, wat pas vrygestel is, snoer hy kragte saam met die immergewilde kletsrymer, Hemelbesem. Alhoewel dit vir talle aanhangers ‘n verrassing mag wees om hierdie twee uiteenlopende musiekstyle te sien hande vat, beloof Gouws dat dit verseker horisonne en uitkyke van luisteraars sal verbreed. “Ons wil met hierdie lied die luisteraars herinner dat die boodskap van die Evangelie ‘n liefdesboodskap is en nie ‘n boodskap is wat vrees bring nie: Jou tekortkominge diskwalifiseer jou nie van die liefde van God nie…” vertel Gouws met groot opgewondenheid oor sy nuwe materiaal.
Gouws meen dat sy uitgangspunt aangaande hierdie produksie was om eenheid te bring tussen verskillende kulture en daarom ook die verrassende bydrae deur Hemelbesem, wat daarvan spreek dat ons almal saam kan staan waar daar liefde en genade ter sprake is.
Gouws is tans besiger as ooit tevore en sy dankbaarheid vir die musiekindustrie wat steeds herstel na Covid-19 se greep is onbeskryflik groot, “Dit is verrassend om te sien hoe ontvanklik die mense vir hierdie boodskap is.”
Song: Die Evangelie
ISRC: ZAQR42204753
Skrywers: Dewald Gouws
Uitgewer: Vonk Uitgewers CC
Genre: Afrikaans
Record label: Vonk Musiek
Olka Bolka het bietjie met Dewald gesels om meer oor hom uit te vind.
Vertel ons lesers waar jy gebore en grootgeword, waar bly jy tans?
– gebore in Sasolburg, groot geword in Secunda ń rukkie in Pretoria studeer en 17 jaar in Pietersburg gewoon… Woon tans in Hartbeespoort vir die afgelope 7 jaar.
Wat het jy na Matriek gedoen?
Bemarking studeer en begin werk vir Xerox SA.
Wat doen jy behalwe musiek?
My musiekbediening is my eerste prioriteit maar dien graag bemarkings konsultasie werk soos versoek.
Vertel my van jou nuutse enkelsnit?
“Die Evangelie” ń liefdesboodskap vir almal bedoel, ń genade geskenk uit die hand van God vir almal wat glo. Die prys is
reeds betaal deur Sy onvoorwaardelike liefde aan die kruis. Ek het hierdie opdrag / boodskap om almal deur my musiek van Koning Jesus te vertel. Hemelbesem het ingestem deur sy gawe en talent beskikbaar te maak en sodoende sy bydrae te gee.
Skryf jy self jou liedjies?
Meeste van my liedjies het ek self geskryf, maar kry graag insette van kosbare vriend Marnus Bergh. Ons het ook al saam baie liedjies geskryf.
Is daar ‘n liedjie wat vir jou uitstaan wat jy opgeneem het?
“Vensters van jou Siel” asook “Meesterstuk”
Wat verkies jy om Afrikaans of Engels te sing?
Beide … geen voorkeure nie.
Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?
Gewone ou, wat deur God geroep is om die Evangelie te verkondig … En ek love dit! My Roepingsvers is 1 Kor 2 v 1-5 En toe ek by julle gekom het, broeders, het ek nie aan julle die getuienis van God kom verkondig met voortreflikheid van woorde of van wysheid nie,
1Co 2:2 want ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus, en Hom as gekruisigde.
1Co 2:3 Ek was ook by julle in swakheid en in vrees en in veel bewing;
1Co 2:4 en my rede en my prediking was nie in oorredende woorde van menslike wysheid nie, maar in die betoning van gees en krag,
1Co 2:5 sodat julle geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van God.
Wat is jou gunsteling Musiek genre?
Christelik kontemporêr.
Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?
Impulsief en passievol oor die Evangelie… o ja ek is mal oor vars brood en stroop! En peanut butter
Wat inspireer jou?
Liefde v naaste … omgee mense en mense wat doelgerig en passievol dinge aanpak.
As jy saam met enigeiemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom? Andrea Bocelli.. sal awesome wees!
Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?
Vertrou God elke dag opnuut! Werk hard en bly in Sy teenwoordigheid..
Wat is op jou emmerskoplys? (Bucket List)
Europa toer ..
Wanneer verjaar jy?
12 Mei
Wat is jou gunsteling:
Tipe Musiek: 80’s
Sangers: Chris Tomlin
Band: Bon Jovi
Gunsteling liedjie: Power of love – Jennifer Rush
Rolprent – Passion of Christ
Akteurs – Mel Gibson
Reeks – Friends
Kos en drankie – Vars brood/botter/stroop of heuning en yskoue melk
Ontspanning – braai
Boek – Die Bybel en Gedagtes op skrif (Marnus Bergh)
Vakansie bestemming – Umhlanga Sands
Kleur – Donker blou..
Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.
Mense wat laat kom en lelik praat met ander mense !
Waar kan mense jou kry en volg? Whatsapp 082-9314020 en Facebook

