SUID-AFRIKA SE VOORSTE MENSLIKE LEUENVERKLIKKER, LIZETTE VOLKWYN, MAAK ’N DRAAI OP KWÊLA

Lizette Volkwyn is ’n interessante vrou. Haar naels is altyd in verskillende kleure geverf en sy hou nie by die reëls nie. Binne vyf minute op ’n verhoog laat waai sy haar skoene. Sy is ’n gekwalifiseerde IT-tegnikus en kan ’n rekenaar van voor tot agter aanmekaarsit, was die eerste vroulike tak-bestuurder van Gestetner in ’n dominerende manswêreld, is die skrywer van Finding Me (’n boek oor selfontdekking en -ondersoek) en het al praatjies regoor die wêreld gelewer. Maar, Lizette is ook een van Suid-Afrika se enigste twee menslike PEI-leuenverklikkers. 

Hierdie merkwaardige vrou maak het die 18de September 2022 om 18h00 ’n draai gemaak op kykNET se gewilde kletsprogram, Kwêla, wanneer kykers meer oor haar, haar interessante werk en missie in die lewe uitvind het.

“Ek is baie dankbaar vir die besonderse geleentheid om ’n groot gehoor te bereik en mense meer te vertel oor wat menslike leuenverklikking behels,” sê sy. “Ek het ongelooflik baie respek vir Hannes en die mooi manier waarop hy met mense praat. Dit was heerlik om in diepte met hom te gesels.”

Hierdie veelsydige vrou wat na meer as twee dekades in die korporatiewe bedryf besluit het om haar passie na te jaag en haar eie konsultasie-agentskap te begin werk nie net as menslike leuenverklikker nie, maar ook as lewensafrigter en bied opleiding aan in bemarking, leierskap, kommunikasie en aanlyn bemarking, asook werkswinkels en selfontdekking en groepsopleiding. Verder het sy ook al meer as 25 000 een-tot-een-sessies met kliënte gehad in meer as 20 lande.

Haar fokus is egter tans daarop om mense op te lei om die waarheid te bemeester en meer effektief te kommunikeer.

“Daar is ’n groot behoefte vir waarheid en deursigtigheid in ons lewens. Ons is egter geneig om goedgelowig te wees en te glo wat ons hoor, eerder as wat ons sien. Dit kan nadelig wees in ons persoonlike en professionele verhoudings,” sê Lizette.

Lizette bied op 11 en 12 November 2022 ’n eksklusiewe twee-dag-werkswinkel, I CAN SEE YOU LIE, by die Centurion Golf Club Country Estate aan en is vir enige iemand wat graag hulle persoonlike en professionele kommunikasievaardighede wil opskerp.

Tydens dié geleentheid gaan Lizette, kandidate leer om hulle emosies te beheer, leuens te identifiseer, en oor die algemeen beter te kommunikeer deur die basiese beginsels van leuenverklikking oor te dra.

“Deelnemers sal leer hoe om die basiese beginsels van nie-verbale kommunikasie, lyftaal en leuenverklikking te verstaan” sê Lizette.

Marcus Coetzee – die enigste ander gesertifiseerde PEI-leuenverklikker in die land, wat spesialiseer in persoonlike beskerming in die intelligensie diens (AI) – sal ook as gasspreker optree tydens dié geleentheid.

Kaartjies vir die I CAN SEE YOU LIE-werkswinkel kos R2 850 per persoon en sluit die twee-dag-werkswinkel om die basiese beginsels van menslike leuenverklikking te bemeester, notas, middagete en verversings in, asook ’n geleentheid om ’n selfontdekkingswerkswinkel saam met Lizette te wen ter waarde van R6 500. Vir meer inligting of om te bespreek, stuur ’n e-pos na of besoek www.lizettevolkwyn.com/I-can-see-you-LIE.

As lusmaker vir dié werkswinkel beplan sy ook om op 21 September 2022 (om 20:00) ’n gratis uurlange webinar aan te bied. “Die doel van die webinar is om deelnemers bekend te stel aan die konsep van menslike leuenverklikking. Dit is ideaal vir enigiemand wat beter wil kommunikeer, asook diegene wat in bestuursposisies is of in velde soos menslikehulpbronbestuur en bemarking werk,” verduidelik sy.

Dit is belangrik om vooraf jou plek vir die webinar te bespreek. Belangstellendes kan by www.lizettevolkwyn.com/How-to-spot-a-lie registreer.

Lizette is passievol daaroor om mense te help om effektief te kommunikeer. “Menslike leuenverklikking is ’n vaardigheid wat jou help om beter te kommunikeer, insig te hê in manierismes en toerus om moontlike uitkomste te voorsien,” sluit sy af.

VOLG HAAR GERUS OP SOSIALE MEDIA:

Facebook: www.facebook.com/confidentlyfindingme

Instagram: @lizette_volkwyn

Twitter: @LizetteVolkwyn

Webwerf: www.lizettevolkwyn.com

PUBLISITEIT & BEMARKING:

STARBURST PROMOSIES

Alishia van Deventer

Sel: 083 635 4717

E-pos: alishia@starburstmusic.co.za

Webwerf: www.starburstmusic.co.za

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →