VOETSPORE…

Oorwinningsverhaal

In die hart van n blom
kom my Vader na my.
Die warmte van die son
maak my bly!

n Voëltjie wat bad
dat die water so spat-
vertel die eer
van my Hemelse Heer!

Wolke vorm prentjies
in helderblou lug –
vér bo die gewroeg
van aardse gesug!

Miertjies skarrel haastig rond, op vaste grond,
ag hoe mooi en GESOND
is my Vader se Skepping!

Kom ons gebruik ons mond
om DANKIE te sê!
Dankie vir my bed –
dankie vir álles wat ek het!

Die Skepping se stille taal
vertel die OORWINNINGSVERHAAL Almag en Beheer,
mense breek af –
maar HY regeer !!!

Geloof

Is geloof
as jy alles het?
Is geloof – as jy lê
in jou warm bed?

Of is dit daar waar jy
jou bord vol skep?

Is geloof tussen vriende
en honderde helpende hande – of as jy die kraan
oopdraai, en daar is water –
en jy bekommer nooit,
want daar is altyd
genoeg oor vir later . . . ?

Is geloof
as die son altyd skyn ?
Of is geloof
as jy pyn en arm en alleen is
die koskas leeg
en al jou vriende het verdwyn ?

Moenie geloof soek
in die raadsale van die wêreld – in die paleise
of glashuise . . . .

Moenie geloof gaan soek
in rykdom, roem en eer,
want snaaks genoeg,
geloof word meer
in pyn en swaarkry en seer

waar daar minder is
en jy kniel voor die voete
van jou Heer.

Want geloof
is n skugter Blom
wat net in samesyn
met jou Skepper kom . . . .

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →