DIE ROCK GROEP REBORNE TREK ‘N NUWE BAADJIE AAN VIR DIE BEE GEES TREFFER STAYING ALIVE!

HIER IS ‘N WEERGAWE VAN DìE LEGENDARIESE GROEP WAT JY NOG NOOIT VAN TE VORE

GEHOOR HET NIE. DIS VARS, DIS HARD EN DIT MAAK DAT JY KLIP HARD WIL SAAM SING.

REBORNE DOEN DIT IN STYL, IN ‘N KLAS VAN HULLE EIE.

Hierdie groep is besig om groot opslae te maak in die Suid-Afrikaanse musiek bedryf. 

Nie net is dit hulle ongelooflike talent en passie wat hulle dryf nie, maar hulle liefde vir mense.  Hulle raak harte aan, oral waar hulle gaan, en voel dis hulle roeping om “al is dit net een persoon by ‘n vertoning, wie se lewe ons kan positief aan raak, dan het ons ons doel bereik”, vertel die kitaarspeler Gerhard van der Merwe, met oorgawe.

Met vol gepakte vertonings tree Reborne op regoor die land, en deel gereeld die verhoog met name soos, Francois Van Coke, Spoegwolf, Saartjie en nog vele meer. Hoof sangeres, Chinel van der Merwe sê, “Ons is so opgewonde om ons nuutste enkelsnit met julle te deel. Soos meeste van julle weet is ons mal oor ‘old-school’ musiek, ons het dit goed gedink om ‘n cover (Staying alive) van die legendariese Bee-Gees te doen. 

Ons het natuurlik bietjie van onself bygevoeg”. Hierdie snit is nou beskikbaar op alle digitale platforms, asook die video op Youtube.

Olka Bolka het ‘n onderhoud met Hoofsangeres, Chinel van der Merwe gehad:

Vertel ons lesers waar jy gebore en grootgeword, waar bly jy tans?

Ek is gebore in Vereeniging en bly tans in Meyerton

Wat het jy na Matriek gedoen?

Ek het deeltyds onderwys en sielkunde gestudeer, terwyl ek vir n jaar as dokters ontvangs gewerk het en daarna by BMW

Wat doen jy behalwe musiek?

Ek is ‘n musiek onderwyser en as ek klaar skool gee doen ek graag skoonheid

Vertel my van jou nuutse enkelsnit?

Ons nuutste enkelsnit in n ‘cover’ van die legendariese BeeGees – staying alive. Ons is mal oor ‘old-school’ musiek en het so groot passie daarvoor. Ons wou graag die lied weer nuwe lewe gee en jong mense weer blootstel aan goeie musiek.

Skryf jy self jou liedjies?

Ja, ek skryf meeste van ons eie musiek. Gerard ons kitaar speler help soms met die toonstelling van musiek.

Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?

Ek is baie spontaan en is lief daarvoor om met mense te werk. Ek het ‘n absolute deernis vir mense en is n groot diereliefhebber.

Hoe het jy 2020 tot nou in 2021 ervaar?

Dit was ‘n ongelooflike moeilike tyd. Maar ons het dit deur gebring met soveel vreugde in ons harte.

Watse invloed het covid op jou musiekloopbaan gehad , en nog steeds?

Covid het n groot invloed op ons loopbaan gehad. Ons musiekskool was byna bankrot. Ons orkes het al ons optredes verloor. Dit het ons gedwing om uit die boks uit te dink en elke geleentheid aan te gryp wat ons kon, om alles te kon betaal en aan die lewe te bly.

Wat is jou gunsteling Musiek genre?

Definitief ‘old-school rock ‘n roll’

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?

Ek het die grootste fobie vir voëls en visse maar het vir ‘n skuba kursus betaal om my duik lesensie te kry.

Wat inspireer jou?

Die Here, die mense saam wie ek werk. En mense wat in ons droom glo en inkoop.

As jy saam met enigeiemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom?

Def leopard. Hulle was die heel eerste orkes waaraan ek blootgestel was en is die rede hoekom ek n passie het vir dit wat ons doen.

Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?

Ons werk hard aan ons loopbaan en beoog om n sukses daarvan te maak. Ons wil graag bekend staan vir ons vertoonkuns.

Wat is op jou emmerskoplys?

Ek wil graag Duitsland toe gaan. My familie bly daar. En definitief ‘n draai maak in Nashville.

Wanneer verjaar jy?

Die 29ste Oktober.

Wat is jou gunsteling:

Tipe Musiek rock ‘n roll

Sangers Bonjovi, Journey, Def leopard, Myles Kennedy

Band Myles Kennedy ft Slash

Gunsteling liedjie Starlight

Rolprent Pearl harbor

Akteurs JenGunst Aniston

Reeks Chuck

Kos en drankie sushi en REGTE koffie

Ontspanning youtube

Boek The Shack

Vakansie bestemming Plettenbergbaai

Kleur Blou

Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.

Mense wat neer kyk op ander.

Dieremishandeling.

Vroeg opstaan.

Pawpaw en spanspek

“Ons hoop dat julle hierdie lied net so baie sal geniet soos ons”, sê van der Merwe.

https://Reborne.lnk.to/StayinAliveMB

Artist:                   Reborne

Title:                     Staying Alive

ISRC Code:          ZA34K2200847

Publisher:            VNG Publishers

Composers:         Bee Gees

Digitale verspreiding eksklusief deur Coleske Artist Management.

Waar kan mense jou kry en volg?

Alles sosiale media

Facebook – Reborne

Insta- reborneband.1

Tiktok- Reborneband

Vir meer inligting en onderhoude kontak Tania Fourie by 0721942794 of epos

tania@tfpromosies.co.za

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →