
Vrolike FOUT . . . ?
Elke oggend as ek wakker word, is ek so BLY !
Wat gaan áán met my ?
Ek wil wip en spring
en jubel en sing !
Die wêreld is só mooi
en die voëltjies sing !
Maar dis beurtkrag
en niemand lag
en die paaie se gate
frustreer ons sonder mate . . . . .
Moord en doodslag,
Prysstygings en pedofiel – neigings op elke voorblad !
So wat is FOUT met my
dat ek GELUKKIG BLY ?
Die nag is verby en ek
het n nuwe dag VERNIET
present gekry !
Ek is siek en sat vir hartseer wees !
Ek is siek en sat vir skok en vrees !
BASTA daarmee !
Solank as die son skyn en daar blomme is –
BLY EK BLY !
Soos die bye fokus ek
op die blomme en die son
om deur die dag te kom !
Vergeet die bomme !
Vergeet die somme
wat nie klop nie !
Bekommer gaan nie
jou hoofpyn stop nie !
Ek wil wip en spring
en Lofliedere sing !
Moenie wag om te LAG
en HULDE te bring !
Jy kan maar OUD wees,
maar laat die enigste FOUT
met jou wees, dat jy
die WONDER van die Vader
se GENADE – elke dag –
in die wêreld om jou lees !



LOSPRYS
Daar is n LOSPRYS
op my kop.
Satan probeer my stop.
Hy het baie trawante –
hul beplan van alle kante.
Vat haar kos –
vat haar krag !
Maak haar los
van elkeen wat mag help !
Maak haar bang –
Verhoed LOFSANG !
Steel haar VREDE –
laat haar fokus op
die slegte in die hede !
Verhoed haar om te BID !
Oortuig haar om passief te sit !
Raas baie – dan kan
sy nie konsentreer !
Maak haar siek –
maak haar seer !
Steel haar HOOP !
Oortuig haar om agter
die massa aan te loop !
Vertel haar sy is swak. . . .
hoofsaak is – sy moet ophou GLO !
As sy GLO, bly sy BO !
Ek kyk – ek sien . . . . . .
Ek IGNOREER
al bogenoemde.
Jy kan maar probeer –
my Vader KEER !
My Vader is my MAN –
HÝ staan by die DEUR !
Elke swakke LAM
wat na Hom roep
gaan Hy soek.
Moenie vrees nie –
Ek is jou KRAG
Ek is jou MOED !
Vyand – SWYG !
Haar LOSPRYS
is reeds betaal –
Ek KEN haar héle verhaal.
HOU VAS EN GLO –
EK KOM JOU HAAL !

