
HEIMWEE . . . . . .
Klanke van n kitaar,
teer – talmend . . . . .
en skíelik is die heimwee daar !
‘n Sonsondergang se stille taal –
skoonheid – sonder geskal,
wat díep verborge herinneringe uithaal . . . . . .
n Spesiale glimlag
n spesiale daad,
n spesiale woord
wat op n spesíale manier
met jou praat !
Heimwee – n diep, seer verlange, na dinge – nie meer . . . . . .
n Stil word – alleen treur –
oor skoonheid wat –
net – EEN KEER – gebeur !



Moedertaalkind
Moedertaal . . . . .
diep – diep – DÍEP
uit my verlede uitgehaal !
Uit die eeue gebore,
vloei in uitverkore ore . . . . .
Kaal kom jy in die wêreld in,
en dan begin hierdie mooi verhaal. Terwyl jou moeder
jou teer vashou, is jou moedertaal die éérste klere
wat koesterend om jou vou !
Ver – ver – VÉR terug
se geskiedenis word in jou íngedra.
Sonder vra word jy gevorm en geskoei op Moedertaal-
melk wat in jou invloei !
Die Moedertaalnaelstring
word nóóít afgebind !
Van geslag tot geslag
sal die klanke weerklink !
Moedertaal – geboortetaal !
Niemand sal jou óóít
uit my hart haal !

