
Maar dan . . . .
O Vader
ek voel soms so klein . . . .
so magteloos –
so uitgelewer aan Satan se planne . . . .
so broos !
Maar dan –
tree U in !
Die MAN van Golgota !
Die Oorwinnaar
wat sê “JY KAN!”
Moenie bang wees nie!
Die LAM is n LEEU !
Jy is nie n vrou of n man !
Jy is n WEERMAG –
Vervul met MÝ KRAG !
VERVUL met MÝ GEES
sál die vyand vlug –
sál die vyand val –
sál die vyand verdwyn –
as jy verskyn, en EK –
die LEEU VAN JUDA
DEUR JÓÚ BRUL !!!



NEE . . . . !
Soos n muis in n val
sit hierdie volk in die
Dal van Doodskaduwee!
“Ons jaag julle in die see !”
Geweldenaars blaas haat en vuur !
“Ons kom vir julle –
dit is NOU die uur !”
Dromme dreun die hele nag
Julle moet skrik !
Julle moet die érgste verwag !
Daar is n Afrikaanse spreekwoord wat sê ;
“. . . hy wat laaste lag . . . .”
Bokke se bloed
en voorvadermoed
laat ons koud.
Raas maar !
Blaas maar !
Probeer maar julle BANG
wegsteek met DREUNSANG!
Onwrikbaar in ons geloof
het ons SÝ BLOED
op ons voorhoof !
SÝ Swaard in ons hand
SÝ Gees in ons hart.
Julle moet BAÍE BANG wees !
Ons ken géén vrees !
Julle sien één geweer –
n hele Leër Engele is gereed
om júlle oordeel af te meet !
“. . . Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur MÝ GEES !” Sag 4 : 6

