Vir diegene wat wens dat hulle onvergeetlike oomblikke en tonele pragtiger kan verewig, bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in die Paarl ʼn werkswinkel op Saterdag, 5 November 2022, met fotografie-afrigter Peter Haarhoff aan.

As jy wil ophou om jou kamera op “outomaties” te gebruik en nie tyd vir ‘n lang fotografiekursus het nie, is hierdie genotvolle eendagkursus ideaal. Dit is ‘n praktiese, tweetalige program wat beteken dat jy dit wat jy geleer het, onmiddellik onder die wakende oog van jou dosent en foto-afrigter kan beoefen. Teorie vind in die klaskamer plaas waarna almal gaan oefen hoe om fantastiese foto’s van die mens, natuur en struktuur by die skilderagtige monument te neem.
Die volgende aspekte sal belig word:
• Neem beheer oor jou DSLR-kamera;
• Hoe om program- en handmatige opsies te gebruik;
• Hoe die lensopening die velddiepte beheer;
• Stel jou sluiterspoed in vir waarlik skeppende fotografie;
• Witbalans en ISO-instellings;
• Flitsfotografie en beligtingskompensasie;
• Filters en sosiale media soos Instagram; en
• Hoe om beter foto’s op te stel en nog baie meer.
Leer dit dus alles binne slegs een dag by die Taalmonument in Gabbema Doordriftstraat op Paarlberg vanaf 09:00 tot 16:00. Dit kos net R500 per persoon, wat ʼn gratis besoek aan die monument asook koffie/tee insluit. Deelnemers kan hul eie middagete saambring of die ATM Koffiehuis ondersteun.
Deelnemers moet hul eie DSLR-kamera of enige kamera met handmatige beheer (manual control) bring – geen selfoonkameras nie. Plekke is beperk, dus bespreek asseblief vroegtydig by Jeffrey Pietersen op 021 872 3441 of bemarking2@taalmuseum.co.za om deelname te verseker. Meer oor Peter Haarhoff by www.flickr.com/people/peterhaarhoff/
Vir meer inligting oor al die ander opwindende geleenthede, konserte en kursusse by die Taalmonument en Taalmuseum, skakel 021 872 3441/863 0543, besoek taalmonument.co.za of volg hulle op Facebook. Die webtuiste bied boonop virtuele toere van die monument en museum, inligting in ses tale oor die simboliek van die Taalmonument asook baie interessante artikels oor Afrikaans, veeltaligheid en die instelling se verlede, hede en toekoms. Daar is voorts heelwat bronne vir skool- en navorsingsprojekte. Jaarpermitte kos slegs R120 vir individue of R220 per gesin, wat toegang tot alle Volmaanpieknieks insluit. Die ATM Koffiehuis bied daagliks heerlike kos en pragtige vergesigte