VOETSPORE…

Nooit

In die oog
van die slang
sien jy sy plan . . . .
jy moet BANG wees !

In die oog
van die slang
kan jy lees
wat hy beplan . . . .
jy moet VREES!

In die oog
van die slang
sien jy HOOGMOED –
EK sal heers . . . . !

Kil en koud
bekyk hy jou –
meet jou –
weeg jou –
hoe lank gaan jy hou . . ?

Wat hy nie sien –
wat hy nie weet –
is n Vader kan NOOIT
sy kind vergeet !!!


EEN KEER

Sekere goed gebeur
net EEN KEER !
Gdboorte – dood
jy kry nie wéér n kans
om óór te probeer !!!

Die EERSTE KEER
moet dit reg !
Dis bietjie sleg –
jy kan nie oefen nie !!!

Dis letterlik
REG OF WEG!!!

Ons kan dink
beplan
somme maak
filosofies raak
maar as jy weer sien
is dit klaar
met jóú blikkantien !!!

Boeke lees
ondersoekkomitees
langtermyndoelwitte
verander skielik na
eentermynritte . . . .

Wat vat jy saam?
Wie kan jy vra wat
daar anderkant aangaan?

Stuur vir my
die spesifikasies
en die regulasies
dan kyk ek of ek
die kwalifikasies het . . .

Ontspan Meneer
hiervoor hoef jy
níe te leer !!!

EEN geboorte
waarborg
EEN dood.

Hierdie pad moet jy
ongeoefen –
ALLEEN LOOP !!!

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →