JODY MAYHEW DIE STEM IN DIE STILTE WAT DIE BESTE MAAK VAN ELKE SITUASIE

JODY MAYHEW IS ‘n MUSIKANT WAT NIE NET GENIET OM TE SING NIE MAAR OOK GENIET OM WOORDE BYMEKAAR TE BRING WAT DIE LUISTERAARS OP ‘n UITSTAPPIE NEEM DEUR SY LEWE, GEDAGTES EN PARTYKEER SO DIEP SOOS SY EMOSIES.

 Jody is gebore in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal en heen en weer tussen Brits en Pmb getrek. Op die ouderdom van 15 is hy alleen gelos deur sy ouers waar hy in verskillende huise en selfs ‘n paar parkies groot geword het. Hy’t homself geleer kitaar speel en liedjies skryf.

In die moeilike avontuur het hy nogsteeds skool gegaan en voltooi. Hy glo ‘n mens maak die beste uit enige situasie.Op die ouderdom van 24 het hy sy eerste optredes begin doen daar waar hy geleentheid kon kry. Met tyd het hy vir ‘n paar engelse kunstenaars die verhoog ge-open met name soos Arno Carstens, Watershed, Ross (Prime Circle), Roan Ash om net ‘n paar te noem.

Hy het sy eerste Enkel snit “Travel the world” vry gestel in 2021 en op ‘n paar radio stasies se Top 20 beland en speel so vêr as Australia. Sy 2de enkel snit “Say Goodbye” was meer hart roerend en het baie mense se harte geraak, hierdie snit word vandag nog op om en by 20 radio stasies in Suid-Afrika gespeel.

Altyd opsoek na iets meer uitdagend, Het Jody besluit hy wil die Afrikaanse mark betree en toe sy avontuur begin met sy heel eerste Afrikaanse enkelsnit “Altyd somer saam met jou”. ‘n Liedjie wat jou wil laat onthou dat niks so lekker is soos ‘n sonskyn dag gevul met liefde vir die een aan jou sy nie, en al mag die dae koud word brand die liefde soos ‘n somer dag binne jou.

Met nog baie ander liedjies wat uit sy hart uit broei is die maar net die begin van Jody Mayhew Travel the world, Say Goodbye en Altyd somer saam met jou is nou beskikbaar op alle digitale platvorms.

Olka Bolka het ‘n onderhoud met Jody gedoen om meer oor hom uit te vind.

Vertel ons lesers waar jy gebore en grootgeword, waar bly jy tans?

Pietermaritzburg , Brits en woon nou in Hartbeespoort dam

Wat het jy na Matriek gedoen?

 Was n Jeug werker by n kerk

Wat doen jy behalwe musiek?

Eet haha my lewe is alles maar net musiek

Vertel my van jou nuutse enkelsnit?

Dit is my vergelyking van liefde met die hitte van Somer. Die warm gevoel in jou hart as jy die liefde van jou lewe sien.

Skryf jy self jou liedjies?

 Ek skryf almal self

Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?

Komplex met baie liefde om te gee

Hoe het jy 2020 tot nou in 2022 ervaar?

 Dit was n moeilike tyd gewees waar almal moes leer hoe om klein oor winnings te waardeer

Watse invloed het covid op jou musiekloopbaan gehad , en nog steeds?

 Ek doen net musiek vol tyds so alles was benadeel tot vandag toe. Van venues wat toe maak tot dood stil venues tot vandag

Wat is jou gunsteling Musiek genre?

Country folk verseker

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?

 Ek het 2 keer SA’s toe gegaan vir Judo

Wat inspireer jou?

Om te sien wanneer mense doen waar voor hulle lief is die passie is aan steeklik

As jy saam met enigeiemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom? Zach Bryan die tipe liedjies wat hy skryf praat met my hart

Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?

 Wel liedjies skryf so veel as moontlik. Ek sien myself voor mense wat my liedjies wil hoor al is dit net 50 mense sal dit die moeite werd maak

Wat is op jou emmerskoplys?

 Ek wil in ‘n jet vlieg so vinnig as moontlik gaan 😎

Wanneer verjaar jy?

15 November

Wat is jou gunsteling:

Tipe Musiek : Country folk , Rock

Sangers : Zach bryan , Kolton moore and the Clever few

Band : Roxette

Gunsteling liedjie : Roxette: So far away

Rolprent : Water boy

Akteurs : Adam Sandler

Reeks : Black list

Kos en drankie : Pizza , Dom Pedro

Ontspanning : Visvang , Golf

Boek : Fanaties vir Jesus

Vakansie bestemming : Namibia en enige plek baby die see

Kleur : Blou

Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.

 Potholes , Hardloop , Spons en Uie

Waar kan mense jou kry en volg?

Facebook: Jody Mayhew music

Instagram: Jody_m_page

Tik Tok: Jody Mayhew

YouTube: Jody Mayhew

Vir meer inligting kontak Tania by tania@tfpromosies.co.za

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →