
Ek ween . . . . .
Ek is in die Bo – kamer . . .
My hart is gebreek !
Ek sien voor my
Sy sy – stukkend gesteek !
Ek ween – waarheen nou?
Ek hoor Sy stem
“Waak saam met My . . . !”
Te laat !
Bitter in my mond
is die berou !
Verraad !
Die Wagters op die mure
het hul poste verlaat !
Alleen – geskok – verslae –
Alleen het Hy die kruis gedra
Alleen het Hy die prys betaal
Vermink is Hy
van die kruis afgehaal . . . . .
Ek ween – waarheen ?
Een vir een val die bome
om my . . . . .
Hol bome –
sonder wortel of vrug
draai hul hul rug . . . . .
Een vir een byt hul my
in die hakskeen . . . . .
Ek ween – waarheen ?
Ek drink die beker van leed
Ek gee my Bo – en onderkleed . . . . .
Soos Hy sal ek alleen baklei
Soos Hy sal ek alleen ly . . . .
My troos is
HY WEET !!!



VOLTOOI !
Ek is verslae en vol pyn . . .
U sê SKYN!
Die druiwekorrel word gebreek
om wyn te maak.
Ek is moeg en gedaan . . .
U sê STAAN!
Die geknakte riet – vol verdriet
gebruik U om mee te slaan!
Ek is n dowwe blaar . . . . .
U sê BLINK!
Hou op wroeg!
As jy My Lewende Water drink
is My Genade vir jou genoeg!

Die dowwe lamppit
sal U níe uitdoof!
U lig my op
U hou my hoog!
V O L H A R D !
My krag word
in swakheid volbring!
DIe erdefles word n koperboog!
V O L H A R D !
Die stukkende snaar
sál My loflied sing!
Ek sal jou voltooi . . . . .
vir My is jy MOOI !

