VOETSPORE…Blomme kraai koning!

Blomme kraai Koning !

Jy kry blomme
en kraaie langs jou pad.
Die blomme om jou óp te beur, die kraaie laat jou treur.

Die blomme sing n liefdeslied vol blydskap !
Die kraaie krys n vals noot uit, van oordeel – beter weet – en verdriet.

Met hoogmoedige oë
soek die kraaie lammetjies
se oë om uit te pik . . . . . !
Sonder genade beswadder en besmeer hul blomme wat hárd probeer om n verskil te maak . . . . . .

O, wat moet ons met die kraaie maak ?
Laai die kraai af
in n donker nag !
Sonder jou van hulle af !

Blomme bly in lig –
blomme blom in die dag !
Wie is jy, o kraai –
om my sig te steel ?

Die Groot Herder
maak my oë heel
om mense soos jý
te kan vermý !

ALMAG

Is jou battery gelaai ?
EK het die WOORD gesaai . .
Is jy goeie grond
of bely jy net met jou mond ?

Het jy n “Inverter”
waar jy WOORD stoor vir later ?
Het jy genoeg WATER ?

Sonpanele vir nood –
sade en meel vir brood.
Só baie planne vir LIG . . . .
soek jy ooít MY AANGESIG ?

Gooi OLIE in jou kan
terwyl jy nog kan !
Maak jou LAMPE vol !

Vul op met MY WOORD
of verkies jy om hol te bly ?
Word jy nog stil om te bid . .
kom jy nog by MÝ VOETE sit?

Jy berei voor –
jy onthou om petrol te stoor-
jy maak planne vir BEURTkrag –
jy leen geld vir SONkrag . . .

Wéét jy nog
van MY ALMAG ?

Hou jy nog rékening
met MY ALMAG ?

GLO JY NOG
IN MY ALMAG ?

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →