VOETSPORE…..

HY . . . . .

U, Koning,
is my woning
Deurboor my oor
met Ú els –
maak my n Hoekpilaar!

Ek buig voor U altaar –
soos die mossies –
is ek tuis in U Huis!

U is die Heuning
wat uit die Sterke vloei –
die vars môredou
wat my lewendig Hou !

Op die berg Hermon
het U neergedaal –
U is Almagtig
U – die grote EL –
van die Heelal !

Halaal my vir U!
Kom háál my !
Ek wil wees waar U is!

Op hierdie aarde
is ek n weeskind,
tot U my vind
en my verHef
en vir my sê –
JY IS MY KIND !

Voorreg

Ons verwag dat die son
elke oggend op moet kom . .
In die somer
wag ons vir die reën . . . . .
Ons is só gewoond
aan U getroue SEËN !

Ons dink dis ons reg –
neem U dit weg
is ons verstom !
Ons is te dom
om te besef dis n VOORREG!

U is die VOORSIENER
wat vóór ons loop,
ons Herder wat ons LEI.
Maar as die skaap
n bok wil wees,
moet hy maar ágterbly.

As My VREES
nie in julle harte is nie,
kan julle nie op die
REGTE PLEK WEES !

Ek lei My Kudde
na My Heilige Berg,
waar Ek hulle verberg.

Die wat beteid is om LAAG
by My voete te lê –
om te wees op die plek
waar Ek hulle wil hê –
hulle sal Ek voed
met My Water en My Gees.

My BRUID haal Ek uit,
sy is reeds WIT.
Ek het haar reeds eenkant gesit.

Buitekant is dit NAG. . . . . .
Laodicea, sit maar in julle
louwarm water en wag
vir My SEËN. . . . . .

Al wat vir julle oorbly
is beproewing en WEEN. . . .

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →