Maak seker jou volgende mediaverklaring haal die nuus!

Maak seker jou volgende mediaverklaring haal die nuus! Is jy bekommerd dat jou mediaverklaring die snippermandjie, eerder as die nuus, haal? Dan moet jy beslis verder lees! Skryfnet bied op 4 November 2022 ’n regstreekse aanlyn oggendwerkswinkel aan waar jy kan leer presies hoe om die perfekte mediaverklaring te skryf. Dr. Thalyta Swanepoel, ’n dosent in joernalistiek en mediaskakeling aan die Noordwes-Universiteit en ’n voormalige joernalis en kommunikasiepraktisyn, het dié praktiese werksessie spesiaal ontwikkel vir diegene wat kleitrap.

Maroela Media se Esté Meyer-Jansen sal ook kortliks haar ervaring deel en verduidelik hoe nuusredakteurs besluite neem oor die plasing van mediaverklarings. As jy ’n kommunikasiepraktisyn of entrepreneur is wat graag vir jou kliënte of besigheid meer blootstelling wil gee, is hierdie werkswinkel ’n móét.

Die sessie vind plaas van 09:00 tot 13:00 en koste beloop R470 per persoon. Afslag is beskikbaar vir groot groepbesprekings. Daar is net ’n beperkte aantal plekke beskikbaar, so bespreek nou hier om teleurstelling te voorkom. Vir meer inligting oor die kursus, stuur ’n e-pos na navrae@skryfnet.co.za. Skryfnet is ’n projek deur Maroela Media en Akademia.

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →