VOETSPORE… Die potpourie van ons lewe…

Potpourrie

Vrugte is ook kos
Heuning is ook suiker.

Vriendskap is lig,
dis nie n las –
dis nie n plig.

Eensaamheid is n alleen – ding . . .jy kry hom sonder om te soek.

Samehorigheid is skaars –
elkeen sit in sy eie hoek.

Sonde is nie net steel
en owerspel,
sonde is om nie te glo
wat ons Vader in die Bybel vertel.

Blydskap is soos n Suiwer Lied –
die teenoorgestelde van troebel verdriet.

Wysheid is skaars
en baie min.
Liefde is die Groot Prys
waarheen al die drome en verhale wys.

Verlange is baie seer.
Twyfel is erosie
wat fondamente erodeer.

Vryheid is jou Vader se nabyheid.
Vrede is rus, in wat Sý Wil is.

Afskeid is n wond,
wat soms nóóít gesond word nie.

Stilte is goud –
dit word nooit oud.
Luister daarna . . .
dit is jou behoud.

Geduld is taai –
hy rek en rek en
oorleef in enige plek.

Mislukking vereis herbesin
en óór begin.

Moedersmelk is net beskore
vir díe uit my skoot gebore.

Agteros kom ook in die kraal

soms . . . . .Soms het hy afgedwaal
en moet jy hom gaan haal.

Sommer n paar los gedagtes, wat in my kop rondmaal . . . . .

KITSgod

Gee vir my n KITSgod
in n neutedop !
n Eenvoudige reseppie –
kleurvol opgedis
sodat dit LÉKKER is !

Onthou, ek is MODERN !
My tyd is MIN !
Ek smeer myself DUN
om elke oomblik te ONTGIN
op Facebook – Instagram – Twitter, en elke NUWE DING !

Is godsdiens nou “IN?”
Dan is ek “voor in die koor!”
Almal moet my SIEN !
Almal moet my HOOR !
Ek sal die hardste sing
sodat ek VÍNNIG op
die leer van aansien kan KLIM !

Gee vir my n KITSgebed
wat ek kan inpas
wanneer ek TÝD het.
O ja, en bring sommer ook
n KITSbanier
wat sê – EK was hier !

Kunsmatig –
Opgeblaas –
Groot geraas –
moet ons HÁÁS om
by die volgende byeenkoms te kom !

Gekleurde hare –
gekleurde lippe –
gekleurde wange . . .
NIKS is EG !
Gestopte . . . . . .
Maak nie saak solank jy
REG LYK !!!

Onthou, “Image” is “EVERYTHING !”

n KITSbekering –
só n outydse woord!
Keurig verpak, sodat ek Hom gerieflik orals sáám kan vat . . . . .

Lig en fleurig – anders hou hy my vas !
Sonder morsige trane en
DIEP BEROU wat my ophou !

Moenie stres, ons soek een
wat by jou PAS, hy sal níe n LAS wees vir jou!
Met al die “Trimmings” . . .
is jy sommer GOU
n OU Gelowige !

n Pragtig versierde LYK
wat RÉG LYK
vir jou KITSgod –
sonder gebod –
in hierdie Moderne Tyd !

Meneer KITS
Mevrou KITS . . . . .
Hoe moet ek dit sê,
dat dit “reg” op jou
moderne oor kan lê ?

Ek wil net GOU
iets belangriks vir jou vertel.
Jy is BLÍTSvinnig op pad
na n EWIGE HEL !

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →