
SY . . . . .
. . . . . staan aan jou sy,
nie bó jou kop
om oor jou te heers
nie onder jou voete
vir jou om te skop . . . . .
Sy is sag
Sy – streel
sy – troos
sy – versterk !
Sy spin die drade
van haar gesin –
deur Genade –
in n sinvolle geheel !
Sy ontgin die sagte goud
binne – in haar naaste
en deel dit uit.
Haar lamp gaan nooít uit !

Sy is apart –
maar déél van jou
Sy is die draad
wat jou raamwerk aanmekaar hou !
Sy is LEWE !
Sy is LAG !
Sy is STREWE
vir n beter dag !
Sy is sag
maar het baíe krag –
sáám vorm julle n dúbbele mag !
Sy lag oor die dag wat kom !Haar Liefde is n blom
wat die bruidegom nader trek
Haar Wysheid die gom
wat hom aan haar bind.

Sy syfer in hom in –
gee hom moed
om wéér te begin !
As die Koning IN
haar woon –
is sy jou Koningin !
Sy is jou hulp
Sy is jou Kroon
Sy is SKOON
deur die Woord
wat tot haar gespreek is !
As die Koning
in haar woon,
is Hý die norm
waarvolgens sy
haar gesin vorm !
Nederig sal sy
jou voete was . . . . .
. . . . AS
jy haar stýf
teen jou lyf houvas !



Die Vrou
Die Vrou is sag.
Sy is gegee as n hulp
om by jou te pas.
Sy is die Moeder.
Sy is sterk.
Sy kan hard werk.
Sy is deel van jou –
sy is jou Vrou.
Sy is anders –
sy voel
sy huil
sy baar
sy voed.
Sy is langs jou –
hou haar naby jou hart
NIE onder jou voet!
Sy dra die las
dat sý die oorsaak was . . .
Sy swyg –
sy gebruik haar krag
om dit wat val
weer OP TE TEL.
Eer haar
Help haar
Waardeer haar
Sien haar
Sy het net Een Wens . . .
SAAM – IS ONS DIE MENS !

