Verrukking -Blydskap – Vervulling…….
Afskeid – Verlange – Rou!
Ai die LIEFDE – wat sal ons doen sonder jou?

Viooltjies
Gekneusde viooltjies
nat van die dou,
is my oë
as –
ek dink aan jou . . . . .
My mond is rou
en koud
en seer,
n honger blom –
want jy soen
my nie meer.
My harjie treur
soos n wilgerboom
want jy BEMIN my –
net in my droom . . . . .
My liggaam is
n hartseerroep,
soos n voëltjie
wat
sy maatjie soek.
My siel is n
verbryselde blom,
waaruit soet
maar hartseer
geure kom.
My GELOOF is
sterk
en vars
en bly,
want eendag,
in die Hemel,
is jy wéér
by my !



Wasem teen die ruite . . . . .
Prewelings
deur die newelings
in die vroeë oggenduur . . . .
Treurdruppels
nat en seer –
wasem teen die ruite –
is my gedigte . . . . . .
n Dowwe skans
wat die koud en hard daar buite
n bietjie keer,
sodat ek kan probeer
om uit te kyk –
en my verbeel –
dat die wêreld daar buite
draaglik lyk . . . . . . .

