Jennifer Zamudio se nuwe enkelsnit, Weerkaats is hoendervleis mooi!

Die immergewilde Jennifer Zamudio het weereens ‘n nuwe treffersnit die lig laat sien! Gaan lees en luister gerus na die pragtige lied.

Lees hier wat Jennifer sê oor die nuwe liedjie:

“Weerkaats” is een van vele uit Rudi Claase se pen. Sy skryf styl pas my eenvoudig net soos ‘n handskoen. Hy weet altyd presies wat om vir my te skryf en “Weerkaats” soos al die voriges wat hy al vir my geskryf het stel nie teleur nie.  Die kragtige en emosionele lirieke stap hand aan hand met die sielvolle tempo van Christie Schutte se verwerking. Met “Weerkaats” het Rudi dit reggekry om my laer warm tone te beklemtoon met geen uitsondering op die hoës nie. Dit was lekker om hom op te neem en ek lief die opgewondenheid wat heers oor die lied. Ek weet dat hierdie lied gaan uittroon bo vele en ongetwyfeld harte gaan aanraak.

In hierdie tegnologiese moderne era van Musiek – is hierdie ‘n volledige digitale vrystelling. Vind hierby aangeheg die volgende dokumentasie aangaande die vrystelling.

Luister: https://youtu.be/Kjq3k8FWmBA

Stroom: https://orcd.co/weerkaats

Vir konsert besprekings:

Kontak 083 514 8554

info@jenniferzamudio.co.za

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →