VOETSPORE…

Sneeuvlokkie

Hoe lank kan n mens
n SNEEUVLOKKIE
in jou hand vashou ?
Net lank genoeg
om vir hom te sê
“ek is LIEF vir jou !”

Hoe lank kan n mens
n DROOM bewaar ?
Vir ewig . . . . .
want n droom word veilig
in jou hart gespaar !

Hoe lank kan n mens
n ROOS
onthou ?
ALTYD . . . . .
want mooi is vir áltyd
en nie net vir nou !

Kan ‘n mens n
verskietende STER terughou ?
Nee, maar jy kan hom sien en WENS . . . . .
en dan word hy DÉÉL van jou !

Kan n mens LAG
in n bottel toeskroef ?
Nee, want lag
Is oop en los en VRY,
en sal áltyd maatjies wees
met jou en my !

Kan suiwer LIEFDE
ooit verdwyn ?
Nee, want liefde skyn
soos die MAAN
In ons harte
en bind ons SÁÁM !

Kan ek en jy
mekaar óóít vergeet . . . . .
nooit –
want ons is EEN
en ons sal áltyd weet . . . . .
JY IS LIEF VIR MY !

My Gedigte

My gedigte is blink klippies,
stukkies van my siel.
Ek haal hulle uit
om na te kyk,
as die lewe my verniel.

Soms, dra ek een,
sommer in my kies,
sodat ek sy gladheid
in my mond kan voel,
as die lewe
te wreed
te wild
om my woel.

Partykeer
help n klippie,
krampagtig in my hand,
as die hartseer
teen my skuur
soos takke
en growwe sand.

Af en toe –
as die lewe blink –
vorm my klippies
druppels bly
wat my siel uitskink.
Klein glinstertjies “vry”,
wat uit genáde
gegun is aan my.

Hulle neem my op reise –
ver en mooi,
hulle dra my op maanstrale
met silwer getooi.
Hulle bring die lewe
soos n seepbel
sag na my,
hulle skep n wêreld
waarin
ek kan bly.

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →