Skaars ’n paar maande nadat hy die eerste enkelsnit van Inhoud Huis Musiek se nuwe been, The Shelter, vrygestel het, is Arnold de Wet terug in die kollig met ’n aanbiddingslied wat diep tref.

EL SHADDAI, wat hy saam met Johan Vorster en Francois Lessing geskep het, is geïnspireer deur die wete dat God se arms ’n plek van rus is wanneer jy deur moeilike tye gaan.
“In Psalm 131 sê Dawid dat hy rus en kalmte vind by God, soos ’n baba in sy ma se arms. EL SHADDAI is die naam van God wat hierdie idee vasvang”, verduidelik die gospelsanger. “Soos wat ’n baba in sy ma se arms alles het wat hy kort, so het God alles wat ons nodig het.”


In die moeilike tye waarin ons onsself die afgelope tyd bevind, is hierdie boodskap ’n baken van hoop en Arnold glo dat dit sal aanklank vind by ’n wye gehoor.
Die musiekvideo, wat deur Johan Vorster gekonsepsualiseer is, is verfilm en vervaardig vir Inhoud Huis Musiek deur Jannes Erasmus en Daniel Rademeyr. “Ons het ’n plek gesoek waarmee ons die grootsheid van God kon vasvang in die musiekvideo. Ons het toe na die Naude’s Neck toe gery, wat die hoogste punt is in Suid-Afrika, en dit was vir ons baie gepas,” vertel Arnold.
Kyk die video hier: https://youtu.be/Nye4sorE8Bo
EL SHADDAI volg in die suksesvolle voetspore van This Is Who I Am Without You, wat baie goed deur die publiek ontvang is en die perfekte manier was om Johan Vorster en Jacomien de Wet se platform vir moderne aanbiddingsmusiek aan die wêreld bekend te stel.
Arnold het in Hartbeespoortdam grootgeword en is die seun van die bekend sanger, Jan de Wet. As kind, was hy altyd omring deur musikante wat ook sy passie vir musiek laat vlam vat het.
Hy het meer as twee dekades gelede die musiekmark betree met die vrystelling van ’n album saam met die destydse platemaatskappy, Maranatha, waarna hy vir sewentien jaar sy musiekdroom opsy geskuif het.
Dit het eers onlangs weer vlam gevat en na die opname van sy vorige enkelsnit, Run, het sy paaie met die van Inhoud Huis Musiek gekruis en het hulle hom genader om deel te wees van hulle nuwe projek.


Tans is hy besig om te werk aan nuwe musiek vir ’n lewendige lofprysingsalbum wat vir die einde van die jaar beplan word.
EL SHADDAI is ’n besonderse lied wat diep tref wanneer jy dit hoor en bemoediging bring wanneer dit swaar gaan.

Laai die enkelsnit hier af: https://arnolddewet.lnk.to/ElShaddai
SOSIALEMEDIASKAKELS
ARNOLD DE WET
Facebook: https://www.facebook.com/Arnolddewetmusic
Instagram: arnold_dewet
YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCIH3t_e4rNoRbOaeMywpw2w
THE SHELTER
Facebook: https://www.facebook.com/theshelterlabel
Instagram: @theshelterlabel_
Youtube: https://www.youtube.com/channel/UCginqmvt5zs1m9bYbRrmeJw

PUBLISITEIT EN BEMARKING
Starburst Promosies
Alani Coetsee
Sel: 072 442 6918
E-pos: alani@starburstmusic.co.za
Webwerf: www.starburstmusic.co.za