Chantal Kirton bied insiggewende kursusse aan oor studiemetodes en tegnieke.

Olka Bolka het gaan inloer by Chantal en haar gesin om meer oor haar uit te vind asook oor haar kursusse.

Vertel ons lesers waar jy gebore en grootgeword, waar bly jy tans?

Ek is gebore in Vereeniging, Gauteng. Ek het hier groot geword en woon tans ook hier.

Wat het jy na Matriek gedoen?

Ek het onderwys gaan studeer by Noordwes Universiteit. Ek het in my finale jaar skoolgegee terwyl ek studeer het.

Watter beroep beoefen jy?

Ek is ‘n gekwalifiseerde onderwyseres met ‘n B.Ed graad.  Ek het studeer by NWU. Ek het 17 jaar ondervinding in die onderwys.  Ek het al by privaat en publieke skole skool gegee.

Op die stadium doen ek tuisonderrig met my eie kinders in die oggende. In die middae is ek werksaam by my leersentrum (chantalkirton.com) waar ek ekstra klasse gee.  Ek bied naweke en skoolvakansies kursusse aan in Studiemetodes en -tegnieke. Dit word by my leersentrum of aanlyn aangebied. Ek werk met leerders van Graad R tot 12.

Vertel ons ‘n bietjie meer van jou kursusse wat jy aanbied in studiemetodes en -tegnieke?

Dit is iets wat baie vining vlam gevat het.  Ek het ouers van my leersentrum gehad wat my gevra het om hul kinders te leer hoe om te leer.  Ek het een vakansie geneem en ‘n studiegids saamgestel.  Ek bied hierdie kursus baie passievol aan en help kinders om te leer hoe om hulle eie werk op te som.  Dit is baie belangrik dat kinders so vinnig as moontlik hierdie vaardigheid aanleer aangesien baie kinders oorweldig word deur te veel werk vir ‘n eksamen.  Om op te som is ‘n vaardigheid wat hul vir die res van hulle lewe gaan benodig.  Die terugvoer wat ek kry is ongelooflik positief en elke kind wat hier was baat daar by.

Hoekom doen jy tuisonderrig met jou kinders?

Ek was voltyds in die onderwys en ek het my derde kind verwag tydens die Covid pandemie.  Ons lewe was ‘n vreeslike gejaag en ons het besluit om perspektief te kry oor wat regtig vir ons belangrik is. Ek en my man het in gevolge besluit dat ek ons kinders gaan tuisonderrig sodat ek my baba kan sien groot word en meer kwaliteit tyd met my kinders te kan deurbring.  Ek is nou in beheer van my en my kinders se tyd. 

Wanneer het jy begin?

Ek het in 2021 begin en dit is nou my tweede jaar wat ek dit doen.  My seun is nou in Graad 7, my dogter in Graad 5 en ek het ‘n baba wat Desember 2 word.  Terwyl ons skoolgaan speel hy by ons. Ek het die voorreg gehad om sy eerste tree,  eerste woordjie ens. te beleef.

Vertel ons meer oor tuisonderig

Ons kinders is geregistreer by die Departement van Onderwys en doen tuisonderrig by die grootste instelling vir tuisonderrig in Suid-Afrika, Impaq.  Ons volg die CAPS kurrikulum en my kinders skryf klastoetse, toetse en eksamens. Dit is vir ons baie belangrik dat ons kinders geregistreer is by die departement en dat hulle die CAPS kurrikulum volg, juis omdat ‘n mens se omstandighede enige oomblik kan verander en dan is alles in orde om weer in die hoofstroom skoolsisteem te kan aangaan. 

Hulle het al die voorgeskrewe en vereiste vakke en volg ook elke dag ‘n rooster alhoewel ons tye buigbaar is.  Die voordeel wat hulle het is dat hulle individuele aandag kry alhoewel hulle baie selfstandig kan werk. 

Wat is die Voordele van tuisonderrig?

Ons spandeer baie tyd saam, my kinders het meer tyd om kind te wees en hulle lewe te geniet. Ons spaar ongelooflik baie geld en kan dit op ‘n ander wyse in ons kinders se lewe terug ploeg.

Sosiaal?

Ons is baie lief vir mense en kuier en maak seker daar is genoeg geleenthede vir ons kinders om met ander kinders te sosialiseer.  Ons kerk (CRC Vaal) vorm ook ‘n baie goeie fondasie in gesin se lewe.  Tuisonderrig skep ook die geleentheid vir ons kinders om op ander vlakke te presteer.  Ons dogter, Linay is gekies om deel te wees van die Nasionale Sing in Harmonie skoolkoor. 

Hulle oefen een keer per maand in Pretoria en die res van die tyd aanlyn.  Hulle het al opgetree saam met Leah en hulle volgende optrede is saam met Juanita du Plesis.  Ons seun, Jordan  geniet dit om sy pa in sy vrye tyd met sy besigheid te help en doen so baie kennis in entrepreneursvaardighede op.

Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?

Ek lewe elke dag voluit en besef my afhanklikheid van God. Ek is ongelooflik geseënd om in ‘n huwelik te wees met ‘n man van God wat ek met alles in my liefhet en my beste vriend is. Ons het drie kinders wat ons lewe kleurvol interessant en baie besig maak. Ek is mal daaroor om te sing en vind my vreugde daarin as ek ‘n verskil in iemand se lewe kan maak.

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?

Dit is vir my baie erg as ek nie verdiende erkenning kry nie of as mense nie dankbaarheid toon nie.

Wat inspireer jou?

Mense se suksesverhale. Die natuur. My man en kinders inspireer my elke dag om beter te wees en om meer te bereik. Bo alles: God wat alles vir my opgeoffer het.

Wat is op jou emmerskoplys?

Om op ‘n wêreldtoer te gaan en ‘n hele paar lande te verken.

Wanneer verjaar jy?

21 Maart

Wat is jou gunsteling:

Tipe Musiek

Ek lewe vir Gospel-aanbiddingsmusiek.  Ek hou ook baie van Afrikaanse musiek.

Sangers

Caleb and Kelsey

Band

Bethel

CRC

Planetshakers

Gunsteling liedjie

I need you now- Matt Redmann

Rolprent

Notting Hill

Akteurs

Julia Robberts

Meg Ryan

Bruce Willes

Reeks: CSI prente, Hawaii5o, enige speurverhale.

Kos en drankie

Gordon blue. Red Grapetizer

Ontspanning

Om op uitstappies saam met my gesin te gaan.

Boek

Enige boek van Joyce Meyer

Vakansie bestemming

See of bosveld

Kleur

Pers

Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.

Om ongeorganiseerd te wees.

As mense my tyd mors.

As mense vir my jok.

Mense wat stadig en doelloos is.

https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=156897545263903&id=100028309754712

Waar kan mense jou kontak?

Chantal Kirton

066 237 6685    / chantal@chantalkirton.co.za/

   chantal@ckgconsulting.co.za

https://chantalkirton.co.za

Leersentrum:  28 Jurgensstraat, Sonlandpark, Vereeniging, Gauteng, 1929.

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →