VOETSPORE…

Wat sal ek doen?

Ons liefde laat my beef –
ons liefde laat my sweef !
Ons liefde laat my swéts . . .
ons liefde laat my swéét !

Ons liefde laat my oor berge spring –
ons liefde laat my van blydskap sing !
Ons liefde laat my kriewel en kreun . . . . .
ons liefde, is n WILDE ding !

Ons liefde laat my hart wild klop,
ons liefde smokkel met my hart en kop !
Ons liefde maak my warm en koud,
ons liefde maak my lam . . . .
en stout !

Liefde is n verskríklike ding !
Dit wring jou fyn –
en soen jou heel !
Dit breek jou skanse –
dit bou en streel !

O my Lief,
wat sal ek doen –
sonder jou liefde
wat my verwoes . . . . . .
en SOEN !

Barensnood !!!

My gedigte
is die mense
wat saam met my
in my woning bly.

Ek kan nie kies nie !
Hulle trek ongenooi
sommer net ín by my !

Party is wild en ongeskik –
hul storm in met trompet – geskal !
Ander is instemmig,
en laat hul gedwee rangskik
en in plek val.

Wanneer laas was ek my eie baas ?
As ek haas om te ry,
sê n gedig – “O neeee,
jy wág vir my ! “

Is ek in n winkel
en dink ek is vry,
kry een my beet
en DWING my
om hom op papier te kry !

Op servette . . . .
op kwitansies . . . . .
ag tog –
gee net asseblief
n stukkie papier !

Ek is in BARENSNOOD !!!
Die BABA is hier !!!

In die kar –
juis as ek moet konsentreer,
spring n paar in en sê –
“Halloooo, ons is óók hier ! “

Soms is dit n BRUGBABA –
en ek worstel vir weke lank !
O wee, die kop sit vas !
O aarde, hierdie voet wil nie pas !

Bleek en uitgeput,
Juig ek as my SKATLAM
uiteindelik gebore is !

My KINDERS !
Hulle wring my hart
hulle suig my siel !
Party is bere . . . . .
ander is vlinders !

Hulle dring in elke hoekie en gleufie van my menswees in,
hulle annekseer my héle wese en proklammeer . . . . .
“Híerdie is maar nog net
die BEGIN !”

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →