VOETSPORE…

Vergrootglas

Die vyand soek
met n vergrootglas na
kolle op my Bruilofskleed.

Kyk – hier is jy vuil –
hier is jy nog nie afgewas !

Sien! Jy is nie gereed !
Jy hou nog vas
aan sonde – dinge
in jou Verledekas !

Dis tyd
om ALLES af te sny
wat staan tussen
jou en My . . . . . .

Géén woord
géén daad
mag onbely
bly staan nie.

Maak skoon –
gooi uit !
REINIG JOU !
Dit is TYD !

Die vyand wil jou verskeur
met hartseer
wat in die verlede gebeur het.
NIE MEER !

EK trek n streep daardeur !
Dit is VERBY !
Ek was dit af –
al wat oorbly
is BLY !

Party KOLLE
het jy al vergeet –
maar EK WEET !

Maak skoon !
Wis uit !
Sny af !
Maak GOU !
Doen dit NOU !
Moet niks nalaat –
binnekort is dit TE LAAT !

Ek het gedink ek is SKOON
O Vader, U kan nie
in n vuil huis WOON !

Haal die skille van my oë af, help my asseblief
om elke vlek en kol te sien !
Ek wil U met n REIN hart dien !

Ek wil WIT word !
Gee my die krag om meedoënloos te skrop en te skuur !
Dit is nou die UUR !
U Bloed is DUUR –
nie verniet is dit vir my gestort !

SKOONGEWAS !
Wit gebleik met U Bloed –
het ek uiteindelik die moed
om my Verledekas te SLUIT
En hom uit my huis te gooi !

Kniel

Ek is n Treurwilgerboom

wat staan teen die Stroom

van die Lewe.

Só baie sonde,

só  baie wonde . . . . .

Só n stukkende hart –

só baie smart . . . . . .

U trek n streep daardeur !

Ek sien slegs jou trane wat vloei,

Ek sien slegs jou stukkende hart wat bloei.

Hou op huil –

jy is níe meer vuil.

My Bloed bleik jou Wit,

kom by My Voete sit.

Vat My Hand –

Ek is aan jóu kant.

Hou op ween,

jy is nìe alleen.

U verander die Treurwilgerboom

na n veilge Hawe,

waarin U voëltjies woon.

Satan het jou verniel,

maar omdat jy KNIEL

by My Stroom van die Lewe,

lig ek jou op na my GenadeTroon.

Jou trane vloei weg,

Ek maak alles REG.

My Naam is Melchizedek –

Die Koning van

GE REG TIGHEID.

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →