
Afrikaans
Afrikaans Afrikaans !
Jy kuier tussen my tone –
jy kriewel in my kuite !
jy spring deur my oë – ruite !
Jy kielie my oor !
My Sassie – Sussie – Soesie taal !
Jy is altyd my tong een voor !
Jy líef my –
jy láf my –
jy lóllie my –
jou lawwe ding !
Afrikaans !
Die taal wat ek
só BEMIN !
Afrikaans !
Moedertaal – babataal
liefietaal ! sterwenstaal –
jy wat sáám met my
asemhaal !
Ek streel jou –
jy streel my !
Ek soen jou
net wanneer ek
n kansie kry !
Ons twee
vorm n goeie paar !
Orig maak ons
ogies vir mekaar !
Jy gáps my in my rug –
ek wáps jou
voor jy kan vlug !
Wild en wulps
is ons verhouding !
Skugter – teer
ons wéér probeer . . . . .
Jy kriewel in my keel
blom in my mond –
baar bebloede skreeuende
kinders wat val op die grond . . . . . . .
Jy vloei soos lawa
in strome
uit my hart –
jy is die trane wat my leegtap, sodat die smart
nie oorloop nie. . . . . .
Jy is my man . . . . . !
Jy is my vrou . . . . . !
Jy is my liefling
wat ek ALTYD
by my wil hou !





S.A. – Land van Son
SONNER krag
SONNER water
SONNER werk
SONNER kos
SONNER klere
SONNER treine
SONNER paaie . . . . .
SONNER hoeveel goed nog ?
Ek is de DONNER in !!!
Sewentig jaar het ek hard gewerk –
pligsgetrou hierdie land gebou . . . . . .
Op my OUDAG wil ek RUS !
Ek is KEELGATVOL
om te sien hoe opgeneuk
hierdie land is !!!



Ek is lus om n VLOERMOER
te gooi !
Dalk moet ek eerder n paar
belangrike mense gaan looi !
Wat nou ?
Alles is op –
alles is stukkend-
alles is vrot –
alles is vuil . . . . .
Al wat oorbly is HUIL !
Wat sal dit help ?
Probeer maar weer bou –
probeer die bietjie wat oor is behou !
My land !
My stukkende SEER gebroke land !
Ek kan nie meer kyk
hoe jy KREPEER !
O Heer !
Help ons land !
Help ons mense !
Ons kán nie meer !



SONNER integriteit
SONNER eerlikheid
SONNER opregte spyt
oor korrupsie en steel,
WONNER ek wat gaan van ons word ?
Daar is nie veel oor
om te verloor . . . . .
Ek is ONTSTELD !
Ek is KWAAD !
PRAAT help nie !
BREEK is makliker as BOU !
BRAND is makliker as
I N S T A N D H O U !
Verniet het ons ons land weggegee,
nes ons grootste Diamant.
Hier is hy !
Trek hom deur jou GAT !
“EASY COME EASY GO !”
Jy dink hierdie Pasella
gaan vir ewig hou !



Meneer, dink weer !
SONNER eerlikheid
SONNER trou
SONNER integriteit –
sal jy NÍE hierdie land behou !
Suid – Afrika,
ek kan nie SONDER jou lewe
Jy is my HOOP !
Jy is my STREWE !
So seker as die Son
in die Ooste opkom . . . . .
Ons sal jou RED
Ons sal jou BOU !
Suid Afrika ons bly GETROU aan jou !!!



