VOETSPORE…

Deurstop

Ek dink
ek is
n DEURSTOP.

Almal kyk
altyd
AF
na my . . . . . .

Al die
belangrike dinge
gebeur daar
BO.

Ek is
ALTYD
in almal
se pad.

Mense
VAL
oor my.

Almal het n sê
oor HOE
ek moet
lê.

Ek word
kort – kort
in posisie
GESKOP.

Almal stamp
en stoot aan my
en ek moet STOM
en geduldig bly.

STIL
moet ek bly lê,
waar ánder mense
my wil hê.

Soms word die
LASPOS
in n simpel jassie
uitgedos,
n verleë verskoning
vir n irriterende doring.

n STEEN des AANSTOOTS
word ek verduur,
al maak ek almal
se lewe suur.

Ek maak hul tone seer,
daarom word ek
NOOIT
teer
behandel nie.

LAAG
en
VUIL
moet ek in
STILTE
skuil.

VAS
moet ek staan
vir die skoppe
en blaam.

GETROU
moet ek
die deur
OOPHOU,
want my Vader sê . . . . .
dít is wat EK
verwag
van jou.

Blomtuin

Vader, maak my
n Orgideevrou !
Sterk en strak
met n bietjie sag
bo – aan geplak !

Wég met die Wilgertak
wat vrolik waai
waar die wind hom swaai !

Maak my n Palmiet
wat regop staan
met n kop
wat nie roer nie.

Wat net
ís wat hy ís
en nie eers na
die ander blomme loer nie !

Ek wil nie meer
soos n Ivytakkie
kantel en val of lê
soos wat n ieder vir my sê !

Of soos n Bossie –
onwelkom en ongeliefd,
skelm en bang
om n hoekie kruip
en heeltyd wonder
wanneer word ek gestuit !

Eintlik wil ek n Veldblom wees,
taai en sterk in liggaam en gees,
sorgloos en vry
met die wilde
natuur om my !

Die tyd vir sagte
roosblare is verby !

Beter nog – n Doringtak
wat vir almal sê
“as jy vat aan my
gaan jy – – – ! “

Vader, maak my n Palet
vir U,
wat stil voor U lê . . . . .
verf op my U Potpourrie
Blomtuin, wat Ú my wil hê !


About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →