CheraLee roer hartsnare in nuwe enkelsnit

In CheraLee se splinternuwe enkelsnit, Plekkie Onder Die Son, roer sy hartsnare en sing veral oor die verlange van familie wat emmigreer.

“Hierdie is ‘n Afrikaanse kontemporêre enkel snit wat handel oor die denke van meeste Suid-Afrikaners wat wil emigreer met die hoop vir ’n nuwe lewe in ’n ander land, om die huidige omstandighede in Suid-Afrika te ontvlug,” het sy gesê.

CheraLee het Plekkie Onder die Son self gepen en inspirasie vanuit haar eie familie geput.“My sussie het so 12 jaar gelede na Kanada geëmigreer en na al hierdie tyd mis sy nogsteedshaar land en haar familie vreeslik baie. Sy bly in ’n nuwe land waar die omstandighede heelwat beter is as Suid-Afrika, maar haar hart hunker nog na haar Afrika land, sy mense, sy natuurskoon en haar geliefdes.

My broer het ook intussen na Swede geëmigreer. Ons familie wat hier in Suid-Afrika agterbly, mis hulle altwee ook vreeslik baie. Die verlange is nie lekker nie,” het sy vertel “Ek het hierdie liedjie vir my sussie geskryf om haar moeilike besluit om te emigreer uit te beeld,”het sy verduidelik.

“Ek weet daar is vele Suid-Afrikaners wat dieselfde besluit in die gesig staar. Dit is ’n vreeslike moeilike besluit om alles wat jy ken en geken het, agter te laat en ’n nuwe lewe êrens anders te begin,” vertel CheraLee.

“Ek weet ook dat die verlange na geliefdes, die land, sy geskiedenis en sy natuurskoon, altyd daar sal wees en ’n mens gaan sukkel om weer so tuis te voel in ‘n ander land, want Afrika is in jou bloed.” Volgens CheraLee dink baie mense ook dat die “gras groener is aan die ander kant”, maar dit gaan nie altyd maanskyn en rose wees as jy emigreer nie.

“Daar is ’n moontlikheid dat jy ook gaan sukkel om aanvaar te word in ’n ander land, omdat jy ’n immigrant is, wat dinge kan vermoeilik. Gelukkig is ons as Suid-Afrikaners baie veerkragtig en ons is begaafd om altyd die goeie in ‘n slegte situasie raak te sien,” het sy gesê.

CheraLee hoop diegene wat klaar besluit het om te emigreer of alreeds immigrante is, sal weetdat Afrika altyd deel van hul as ’n Suid-Afrikaners sal wees. “Ons as Suid-Afrikaners verdien ook ‘n plekkie onder die son, ’n plekkie waar ons aanvaar wordvir wie en wat ons is, ’n gelukkige lewe kan leef saam met ons geliefdes, sonder om bang te wees, al is dit nie onder die Afrika son nie,” het sy bygevoeg.

CheraLee wil graag in 2023 ’n nasionale toer aanpak om haar album met dieselfde titel te bemark. “Ek wil so graag almal wat my musiek geniet ontmoet,” het sy gesê.

Die musiekvideo se storielyn volg ’n gesin en ’n groepie vriende wat op ’n safaririt is tydens hul bosveldvakansie. Op die rit sien hulle kameelperde en stop dan by ’n watergat waar hulle uitklim en fotos neem. Hulle sluit die aand af met ’n geselligheid by die braaivleisvuur.

CheraLee vertolk die liedjie met haar kitaar in verskeie uitrustings en liggings. “My hele gesin en van ons gesinsvriende was ook deel van die opnames, wat dit baie spesiaal maak,” het sy gesê.

Olka Bolka het ook ‘n onderhoud gedoen met CheraLee

Vertel ons lesers waar jy gebore en grootgeword, waar bly jy tans?

Ek is gebore in Pretoria en het gedeeltelik groot geword in Kwa-Zulu Natal en Centurion. Ek woon tans in Centurion.

Wat het jy na Matriek gedoen?

Ek het ‘n BA (Hons) Graad aan die Universiteit van Pretoria verkry en ek was doenig in ‘n Engelse Alternatiewe Rock musiek groep as buitemuurs aktiwiteit..;-)

Wat doen jy behalwe musiek?

Ek is ‘n besigheidseienaar van ‘n Ontwerp Studio met die naam Graphicom en ek is ook ‘n ma van 3 kinders. My jongste seun is 7 jaar oud, dan het en ‘n 11 jarige dogeter en ‘n 16 jarige tiener seun.

Vertel my van jou nuutse enkelsnit?

“Plekkie Onder Die Son” is ‘n Afrikaanse kontemporêre enkel snit, wat handel oor die denke van meeste Suid-Afrikaners wat wil immigreer met die hoop vir ‘n nuwe lewe in ‘n ander land, om die huidige omstandighede in Suid-Afrika te ontvlug. 

My suster het so 12 jaar gelede na Kanada geëmmigreer en na al hierdie tyd mis sy nogsteeds haar land en haar familie vreeslik baie. Sy bly in ’n nuwe land waar die omstandighede heelwat beter is as Suid-Afrika, maar haar hart hunker nog na haar Afrika land, sy mense, sy natuurskoon en haar geliefdes. My broer het ook intussen na Swede geëmmigreer. Ons familie wat hier in Suid-Afrika agterbly, mis hulle altwee ook vreeslik baie. Die verlange is nie lekker nie. 

Ek het hierdie lied vir my broer en suster geskryf om hul moeilike besluit om te emmigreer uit te beeld. Ek weet daar is vele Suid-Afrikaners wat dieselfde besluit in die gesig skaar. Dit is ‘n vreeslike moeilike besluit om alles wat jy ken en geken het, agter te laat en ‘n nuwe lewe êrens anders te begin. Ek weet ook dat die verlange na geliefdes, die land, sy geskiedenis en sy natuurskoon, altyd daar sal wees en ‘n mens gaan sukkel om weer so tuis te voel in ‘n ander land, want Afrika is in jou bloed. 

Baie mense dink ook dat die “gras groener is aan die ander kant”, maar dit gaan nie altyd maanskyn en rose wees as jy emmigreer nie. Daar is ‘n moontlikheid dat jy ook gaan sukkel om aanvaar te word in ‘n ander land, omdat jy ‘n emmigrant is, wat dinge kan vermoeilik. Gelukkig is ons as Suid-Afrikaners baie veerkragtig en ons is begaafd om altyd die goeie in ‘n slegte situasie raak te sien.  

Ek hoop diegene wat klaar besluit het om te emmigreer of alreeds emmigrante is, sal weet dat Afrika altyd deel van hul as ‘n Suid-Afrikaners sal wees. Ons as Suid-Afrikaners verdien ook ‘n plekkie onder die son, ‘n plekkie waar ons aanvaar word vir wie en wat ons is, ‘n gelukkige lewe kan leef saam met ons geliefdes, sonder om bang te wees, al is dit nie onder die Afrika son nie. 

Skryf jy self jou liedjies?

Ja. Ek het tot dusver 12 liedjies vrygestel, insluitend my debut album wat beskik oor 8 snitte en ek het self die liedere se lerieke geskryf en die musiek gekomponeer.

Is daar ‘n liedjie wat vir jou uitstaan wat jy opgeneem het?

Ja. Ek dink hierdie lied “Plekkie Onder Die Son” is my gunsteling omdat dit so na aan my hart is oor die verlange na my broer en suster.

Wat verkies jy om Afrikaans of Engels te sing?

Jong, dit is ‘n moeilike vraag. Ek het tweetalig groot geword, omdat my ma Engels sprekend was en my Pa Afrikaans is. Ek was ook meestal in tweetalige skole en my jongste broer wat wat nou in Swede woon, is die enigste kind uit ons 4 kinders wat heeltemal Engels is.

Ek moet sê ek het op ‘n baie vroeë ouderdom in Engels leer sing en skryf en eers in later jare Afrikaans aangedurf. Ek was ‘n beitjie skrikering vir al die silibale en die uitspraak van Afrikaans as kind terwyl ‘n mens sing. Ek onthou hoe my koor juffrou op laerskool altyd vir my gesê het dat ek my Afrikaanse woorde mooi moet uitspreek as ek sing, so ek het nie Afrikaans gesing nie. Toe ek ouer word het ‘n vriend vir my oortuig om in Afrikaans te sing en toe ek eers begin het, kon ek nie stop nie, want ek was mal daaroor. Ons het darem maar ‘n pragtige ekspresiewe taal!

Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?

Ek is ‘n babbelende energie bal met ‘n positiewe uitkyk op die lewe. My pa het my as kind sy “popcorn machine” genoem 😉. Die Here het my geseën met ‘n kreatiewe en nuuskiering verstand en ‘n passie vir enige vorm van kuns; van die uitvoerende tot uitbeeldende kuns.

Wat is jou gunsteling Musiek genre?

Ek het ‘n uiterse liefde vir Rock, Blues en Moderne Country musiek. As ek moet uitsonder sal ek sê Southern Rock m.a.w Country met “Oemf”/ Woema. Liedere in die genres is geneig om sterk kitaar gedrewe melodieë te bevat, wat dadelik entoesiasme in my ontlok en my inspireer om kitaar te speel en te sing. 

In my eie musiek hunker my stem en skryfstyl na die Country genre met die klem op stories wat vertel word, maar die kitaar werk en musiek komposisie is meer Rock georienteerd.

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?

Ek is versot oor springmielies…..ek sal dit van oggend tot aand kan eet! Dis seker my pa se skuld, omdat hy my ‘n “popcorn machine” gedoop het as kind…… hahaha.

Wat inspireer jou?

Ek vind inspirasie in alledaagse gebeure en ervarings, emosies wat ek beleef, omstandighede, verhoudings, films en film reekse, gedigte en my pragtige land en sy mense om liedjies te skryf.   

As jy saam met enige iemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom?

Ann Wilson van die group Heart. Haar stem en liedjie skryf vermoë is ongelooflik!

Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?

Ek is tans betrokke by ‘n nuwe opwindende projek wat volgende jaar in Feb/Maart bekend gemaak sal word. Buiten dit, is ek elke dag besig om aan nuwe materiaal en my kitaar spel te werk. Ek glo ‘n mens is nooit volleerd nie en kan altyd verbeter in iets wat jy doen. Hopenlik kan ek ook gou weer in die ateljee kom om ‘n volgende lied op te neem. 

Ek sal graag ook ‘n nasionale toer wil aanpak in 2023 om die musiek op my album te promoveer en om die geleentheid te hê om met Suid-Afrikaners reg oor die land te gesels. 

Wat is op jou emmerskoplys? (Bucket List)

  1. My eertse punt op my emmerskoplys, het ek klaar gedoen en dit was om in Nashville in Amerika op te tree. Dit was ‘n onvergeetlike ervaring wat ek in 2019 beleef het.
  2. Om vir ‘n SAMA of nog beter ‘n Amerikaanse “Grammy” gebenoem te word vir my musiek
  3. Om op ‘n masiewe verhoog op te tree met duisende mense in die gehoor
  4. Om ‘n voltydse musikant te wees
  5. Om lande soos Egipte, Italië, Griekeland en Spanje te gaan besoek

Wanneer verjaar jy?

26 September

Wat is jou gunsteling:

Tipe Musiek

Enige musiek met ‘n lekker ritme en met kitaar daarin.

Sangers

“Old School”: Ann Wilson, Stevie Nicks, Janice Joplin, Cher

Modern: Alanis Morrisette, Brandi Carlile, Samantha Fish, Pink, Adele, Caylee Hammack, Ashley Mcbride, Karen Waldrup, Luke Combs, Taylor Swift om ‘n paar te noem

Band

Fleetwood Mac, Heart, Cranberries, Rival Sons, Mumford & Sons, Sugarland, Larkin Poe, Delta Rae, The Lumineers

Gunsteling liedjie

Een van my gusntelinge is “Everywhere” van Fleetwood Mac

Rolprent

“Far and away” met Nichole Kidman & Tom Cruise

Akteurs

Sam Heughan, Chris Hemsworth, Scott Eastwood, Chris Pratt

Rebel Wilson, Reese Witherspoon, Natalie Portman

Reeks

The Outlander, The Game of Thrones, Vikings, Reign, Cursed, Lord of the Rings – Rings of power, House of the Dragons

Kos en drankie

Spare Ribs & chips, Sushi, Pizza

Ontspanning

Braai en kuier saammet vriende en familie

Boek

Ek lees nie graag storie boeke nie ….Ek hou daarvan om tydskrifte en historiese boeke te lees…..lol

Vakansie bestemming

Enige plek by die see

Kleur

Pers….ja ek weet wat hulle sê van die kleur…ha, ha, ha

Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.

Peppermint of Lemoen in sjokolade, Afval en vals mense 😉

Waar kan mense jou kry en volg?

Website: https://cheraleemusic.com

Facebook: https://www.facebook.com/cheraleemusicSA

Instagram: https://www.instagram.com/cheraleemusicsa/

Twitter: https://twitter.com/CheraLeeMusicSA

TikTok: https://www.tiktok.com/@cheraleemusicsa

YouTube Kanaal: https://youtube.com/c/CheraLeeMusicSA

Plekkie onder die Son is nou op alle musiekstromingsdienste beskikbaar.

Uitgereik deur The Marketing Zoo

Vicki Rothman van der Merwe

063 107 3620

vicki@marketingzoo.co.za

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →