11 jaar gelede het Egmond en Yolandi hul 3de duet opgeneem, kort op die hakke van hul nommer 1 treffer DIS ELEKTRIES (wat vir 8 weke lank nommer een was op die stasie Uitsaaines). Musiek industrie grotes soos Brian Currin en selfs Channel24 het die nuwe treffer gedeel. VLIEG was die eerste enkelsnit van die opkomende uitreiking VUIL WASGOED, wat in 2014 die lig gesien het.

Die snit was boonop uitgereik op die 11de van die 11de maand in 2011, en het sy radio premiere om 11h11 daardie dag gehad. Om die duet se 11de verjaardag te vier, word daar om 11h11 vandag ‘n splinternuwe musiek video uitgereik op YouTube as deel van die herdenking.
VLIEG vorm deel van die Suid-Afrikaanse pop-rocker Egmond se opkomende 20-stuk trefffer album, SIRKUS APPLOUS ENCORE KARNAVAL. Die album sal naas VLIEG, 8 addisionele opnames insluit, 4 splinternuwe titels en 4 nuwe verwerkings van bekende treffers. Later die maand sien die vrystelling van twee van hierdie produksies, nl. PYN, ‘n duet met Australiaanse nagtegaal Kaley, en EVERYTHING WE SAY se “The Sandy Robbie Remake” wat ook Kaley en Algorrid3m bevat.
VLIEG is nou beskikbaar op alle digitale platforms insluitende iTunes, Spotify en YouTube Music. Vir meer inligting oor die enkelsnit, besoek www.egmond.co.za.
Die musiek video skakel: https://www.youtube.com/watch?v=DZN3hldReCw
Vir meer inligting, kontak musiek@egmond.co.za of besoek die webwerf en sosiale media vir die jongste nuus en opkomende projekte.
Webwerf: www.egmond.co.za
Facebook: www.facebook.com/egmondduplessis
Twitter: www.twitter.com/egmondduplessis
Instagram: www.instagram.com/egmondduplessis
YouTube: www.youtube.com/egmondcoza