Andriëtte stel die 18de November haar nuwe enkelsnit vry, die eerste enkelsnit in die hele jaar!

Olka Bolka het solank ‘n onderhoud met Andriëtte gedoen as ‘n lusmaker voor die vrystelling.

Vertel ons lesers waar jy gebore en grootgeword, waar bly jy tans?
Ek het in Brackenfell Kaapstad grootgeword.Ek woon tans in Durbanville Kaapstad.
Wat het jy na Matriek gedoen?
Na Matriek: Skoonheid geswot en n skoonheidsterapeut geword.
Wat doen jy behalwe musiek?
Behalwe musiek kook ek baie gereeld lekker kos en tuinmaak en binnenshuise versiering.Verder is ek n ma van 3 seuns.
Vertel my van jou nuutse enkelsnit?
Ons leef in n stresvolle en deurmekaar tyd en ek dink al wat ons staande hou is liefde gee en ontvang

Skryf jy self jou liedjies?
Ek skryf soms self maar die een het Noa Milan geskryf
Is daar ‘n liedjie wat vir jou uitstaan wat jy opgeneem het?
My liedjie wat vir my uitstaan tot vandag is verseker Sewe oseane
Wat verkies jy om Afrikaans of Engels te sing?
Ek hou van E ngels, maar Afrikaans is my taal en daarom is dit nader aan my hart.
Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?
Ek is ‘n private mens.Mal oor my familie en ek geniet die lewe.
Wat is jou gunsteling Musiek genre?
Ek hou van 80s rock
Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?
Niemand weet dat ek ‘n WP Lifesaver was op skool
Wat inspireer jou?
My familie,gedrewe mense en om die stories te hoor van hoe mense my musiek geniet

As jy saam met enigeiemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom?
Michael Buble.Ek wil saam met daai 40 stuk simfonie orkes saam met hom sing.Hys snaaks en ek is mal oor sy stem
Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?
Volgende is nog nuwe musiek.Ek is positief oor die toekoms en ‘n lang sangloopbaan
Wat is op jou emmerskoplys? (Bucket List)
Emmerskoplys is dat ek nog die wêreld vol wil reis en die kulture en kosse verken
Wanneer verjaar jy?
Ek verjaar 17 Oktober
Gunsteling
Musiek: Rock
Sangers: Adele en Pink
Band: Queen
Liedjie: Love of my life van Queen
Rolprent: The Notebook
Akteurs: Ryan Gosling
Reeks: Love is Blind Netflix
Kos en drankies: Pizza en rooiwyn
Ontspanning: braai en musiek
Boek: Daniel plan
Vakansie: ATKV vakansies
Kleur: swart

Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.
Oneerlikheid
Onregverdigheid
Aspersies
Skoonmaak

Waar kan mense jou kry en volg?
FB Andriette Norman
INSTA Andriette Norman official

Promosies en meer info by

Starburst Promosies

Danelle Liebenberg El Far

Starburst Promotions

071 534 7796

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →