AFRIKA SE SUPERMAN VERRUIL SY MANTEL VIR ’N VIKING-HELM

Prestasie-afrigter Cobus Visser, bekend as Afrika se Superman, het ’n handelsmerktransformasie ondergaan om sy persoonlike en professionele groei te weerspieël. Sy nuwe persona, Cobus Visser die Viking, wat op 2 November 2022 – sy 40ste verjaardag – bekendgestel is, gee ’n beter oorsig van hierdie nuwe stadium van sy lewe en besigheid.

Volgens dié bekende Suid-Afrikaanse skrywer, spreker, afrigter, fasiliteerder, lewensafrigter en vuurloop-instrukteur, is die nuwe handelsnaam deur verskeie faktore geïnspireer. “Sedert ek die berg Kilimanjaro in 2018 geklim het, het ek as mens verander. Ek het ook geweldige persoonlike groei ondergaan sedert ek my handelsmerk vir die eerste keer in 2012 bekend gestel het, en ek het pas 40 geword, so dit is die begin van ’n nuwe hoofstuk in my lewe,” sê Cobus. “Dan is daar natuurlik ook die baard!”

Vir Cobus was die besluit oor sy nuwe persona vanselfsprekend aangesien sy waardes natuurlik ooreenstem met dié van die Vikings. “Daar is nege Viking-waardes: hart, moed, deursettingsvermoë, eer, dissipline, optrede, konsekwentheid, waarheid en getrouheid. Dit resoneer op ’n diep vlak met my en my doelwit vorentoe is om nie net hierdie waardes in my eie lewe te omhels nie, maar om ander aan te moedig en te inspireer om dieselfde te doen.”

Hierdie agterkleinseun van die eerste Suid-Afrikaanse president, CR Swart, is in Vereeniging gebore en het aan Hoërskool Piet Potgieter in Potgietersrus, Limpopo, gematrikuleer. Nadat hy as kind met hemofilie gediagnoseer is en jare lank ondraaglike pyn verduur het, het hy hom in 2013 in die hospitaal bevind en kon hy nie beweeg nie. In plaas daarvan om op te gee, het Cobus besluit sy liggaam sal nie meer sy tronk wees nie.

Hy het aanvanklik die Superman-persona aangeneem toe hy met die bekende karakter se alter ego, Clark Kent, geïdentifiseer het. “As kind moes ek dikwels siek by die huis bly, en my pa het Superman-flieks gehuur om my te vermaak. Ek het by Clark Kent aanklank gevind omdat ek skaam en teruggetrokke was. Ek is ook geboelie omdat ek anders was. Vuurloop het my superkrag geword en om die mantel van Superman te dra het my toegelaat om werklik te leef en te groei. Dit het my laat voel asof niks onmoontlik is nie.”

Nadat hy sedertdien verskeie persoonlike en professionele mylpale behaal het, insluitend om Kilimanjaro op krukke te klim in 2018, het die tyd aangebreek om sy handelsmerk-identiteit te hersien.

Cobus sien vuurloop as ’n metafoor om jouself te ontdek en te fokus op wat jy wil bereik en het besluit om daarin te spesialiseer nadat hy self ’n vuurloop in 2011 voltooi het. “My gesondheid het my aanvanklik op hierdie pad gelei, en ek het my opleiding by die Firewalking Institute of Research and Education (F.I.R.E) in Amerika op 14 November 2012 voltooi. Ná my egskeiding in 2017 het ek besluit om hierdie passie in my my lewensdoel te verander.”

Hy wil nou hierdie doel nog verder bevorder, nie net deur vuurloop nie, maar ook deur sy unieke bemagtigingsprogram vir mans genaamd Viking circle of warriors  “Wolfpack” – Where great men become warriors,  wat daarop gefokus is om groot manne te help om krygers te word. “Ek wil mans uitdaag om op te staan vir wat reg is en om dit met eer en empatie te doen. Ek wil hê hulle moet weet dat hulle ’n lewe van topprestasie kan lei. Ek wil ook ’n boodskap van onvoorwaardelike liefde en hoop vir môre met ander deel. Elkeen van ons is tot soveel in staat en ons kan enigiets bereik wat ons besluit om te doen,” verduidelik hy.

Cobus het ’n onversadigbare behoefte om ander te help en om, ten spyte van konstante pyn, voortdurend te groei en homself uit te daag. Met die nuwe handelsnaam hoop hy om homself te vestig as ’n wêreldleier in topprestasie-afrigting en, soos hierdie Superman wat Viking geword het, reeds bewys het, is niks onmoontlik nie.

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/CobusVisserViking8

Instagram: https://www.instagram.com/cobusvisserviking

Webwerf: www.cobusvisser.com

PUBLISITEIT & BEMARKING

Starburst Promosies

Alishia van Deventer

Sel: 083 635 4717

E-pos: alishia@starburstmusic.co.za

Webwerf: www.starburstmusic.co.za

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →