Kom vier saam by die Taalmonument.

Klink ʼn skemerkelkie op koffiewinkel se nuwe naam, Groen Galery se Arabies-Afrikaanse uitstalling én langdienserkennings vir personeel.



Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) vier hul somerprogram van pieknieks, ʼn unieke uitstalling asook ’n nuwe naam vir die koffiewinkel met ’n gratis geleentheid op Donderdag, 24 November 2022, om 18:00 by die monument.

Boonop sluit dit ook die oorhandiging van langdienserkennings in om die personeel te bedank vir hul lojale toewyding aan die instelling. 

Die verrigtinge kom tot ʼn einde in die koffiewinkel, waar die nuwe naam amptelik bekendgestel word, voordat gaste vermaak en heerlike verversings bedien word. 

Bespreek asseblief voor Woensdag, 16 November 2022, om 12:00 by Elsabé Pearce via e-pos ontvangs@taalmuseum.co.za of 021 863 0543.

•    Vir meer inligting oor al die ander opwindende geleenthede, konserte en kursusse by die Taalmonument en Taalmuseum, skakel 021 872 3441/863 0543, besoek taalmonument.co.za of volg hulle op Facebook. Die webtuiste bied boonop virtuele toere van die monument en museum, inligting in ses tale oor die simboliek van die Taalmonument asook baie interessante artikels oor Afrikaans, veeltaligheid en die instelling se verlede, hede en toekoms. Daar is voorts heelwat bronne vir skool- en navorsingsprojekte. Jaarpermitte kos slegs R120 vir individue of R220 per gesin, wat toegang tot alle Volmaanpieknieks insluit. Die ATM Koffiehuis bied daagliks heerlike kos en pragtige vergesigte.

Jeffrey Pietersen
Assistent: Geleenthede en Kommunikasie
Assistant: Events and Communication
Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument
T +27 (0)21 872 3441
F +27 (0)86 231 7324/+27 (0)21 872 3642
E bemarking2@taalmuseum.co.za 
W www.taalmuseum.co.za | www.taalmonument.co.za
F www.facebook.com/afrikaansetaalmonument
T www.twitter.com/taalmonument
www.instagram.com/taalmonument
Y www.youtube.com/user/taalmonument1


About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →