Caitie is ‘n 12-jarige meisie van die Vaaldriehoek met ‘n groot passie vir sing, drama, fotografiese modelwerk, sport en natuurlik diere. Sy is ook een van die sangers in die 4 Eva Young Band.

Sy’t ‘n paar maande gelede aan ‘n liedjie begin skryf in die bad. Dis waar sy gewoonlik liedjies opmaak so almal in die huis weet gewoonlik wanneer Caitie bad.
Vroeёr vanjaar het sy aan haar ouers die woorde gewys en hul gevra of sy kan liedjie skryf klasse neem.

Haar ma het die woorde aan die liedjie skrywer/vervaardiger Gino Lee gestuur waar hy haar gehelp het om struktuur aan die liedjie te gee.Die liedjie is vervaardig deur River Road Records.
Die titel van die liedjie is “Carnival.” Hoekom Carnival? Dit is een van Caitie se gunsteling plekke omdat sy ‘n “adrenalien junkie” is en sy gewoonlik op al die vinnige rides wil ry. Dis ‘n gelukkige plek(Happy Place) vir oud en jonk waar jy omring word deur kleurvolle liggies, musiek, geluide van skaterlag, spookasem, en die lekker reuke van popcorn. Dis sommer net ‘n lekker energieke plek waar jy jouself kan geniet.
Die liedjie het eintlik ‘n baie dieper betekenis. “Al staan jy soms in lang rye vir ‘n kort ride” soos die liedjie lei, is dit als die moeite werd. Dis daai oomblik wat jy ontsnap van jou werklike lewe, eksamen stres en probleme. Die adrenalien laat jou net goed en positief voel en die gelag uit jou maag is net lekker.
Ons is almal net passasiers op die runaway train. Elkeen van ons het ‘n keuse waar ons in klim en sit. So is die lewe ook, elkeen van ons ervaar die reis anders, soms word ons rondgeskud en soms is die reis net te vinnig verby. Ons is so besig met ons allerdaagse dinge dat ons vergeet om bietjie te stop, rond te kyk en die “ride” te geniet.

Die trein hou vir ons elkeen op ‘n bepaalde dag stil, maak nie saak hoe oud jy is nie. So in kort wil ek net sê… Live Life and Enjoy the Ride!
Olka Bolka het ‘n onderhoud met Caitie gedoen, sy is beslis ‘n bondeljie energie en ons gaan nog groot dinge van haar sien!
Vertel ons lesers waar jy gebore en grootgeword, waar bly jy tans?
Ek is in Medi-Clinic Vereeniging gebore en bly nog my hele lewe lank in die Vaaldriehoek.
Hoe oud is jy en in watter graad is jy?
Ek is 12 jaar oud en in Graad 6.
Waar gaan jy skool?
Ek is ‘n trotse leerling van Laerskool Midvaal
Wat is jou stokperdjies?
Sing, Toneelspeel, Sport, Swem en om saam my band (4 Eva Young) op te tree
Waar kom jou liefde van Musiek vandaan?
Van kleintyd af het ek op my ma se koffietafel gesing en gedans en vir hulle konsert gehou. Ek het ook aan ‘n sang kompetisie deelgeneem en ‘n mikrofoon gewen en van daar af het ek geweet dat sing my passie is. Van daar af het ek begin vocal-klasse neem.
Vertel my van jou eerste enkelsnit?
Dit is ‘n lekker pop-rock liedjie wat gaan oor ‘n carnival, want dit is een van my gunsteling plekke om te wees waar jy omring word met liggies, musiek, spookasem en die gelag van mense. Dis sommer net ‘n lekker energieke plek waar jy jouself kan geniet. Die liedjie het eintlik ‘n baie dieper betekenis. “Al staan jy soms in lang rye vir ‘n kort ride” soos die liedjie lei, is dit als die moeite werd. Dis daai oomblik wat jy ontsnap van jou werklike lewe, eksamen stres en probleme. Die adrenalien laat jou net goed en positief voel en die gelag uit jou maag is net lekker. Ons is almal net passasiers op die runaway train. Elkeen van ons het ‘n keuse waar ons in klim en sit. So is die lewe ook, elkeen van ons ervaar die reis anders, soms word ons rondgeskud en soms is die reis net te vinnig verby. So in kort wil ek net se “Live Life and Enjoy the Ride.”
Skryf jy self jou liedjies?
Ek het my eerste enkelsnit self geskryf en dit was beslis nie die laaste gewees nie, ek dink die gogga het my gebyt. Gino Lee van River Road Records het gehelp met die afronding en die vervaardiging van “Carnival”
Wat verkies jy om Afrikaans of Engels te sing?
Ek hou van albei.
Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?
Ek is ‘n Vaaldriehoek meisie, ‘n besige bytjie wat hou van sing, drama, fotografiese modelwerk en mal is oor diere.
Wat is jou gunsteling tipe Musiek?
Pop, Rock en Country musiek.
Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?
Ek het ‘n krimpvarkie wat se naam Marshmellow is en ‘n mini- dieretuin. Ek kan nie ‘n chocolate uitlos nie en is die chocolate-dief in ons huis.
Wat inspireer jou?
Mense wat iets van hulle lewe maak ten spyte van hul agtergrond en waar hulle vandaan kom en as kinders hul drome na jaag.
As jy saam met enigeiemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom?
Ariana Grande. Ek is ‘n groot Ariana fan en hou van haar liedjies, en ek love haar look. Ek sal ook graag saam met Bernice West ‘n liedjie wil optree, want haar energie is aansteeklik en ek hou van haar styl.
Wat is op jou emmerskoplys? (Bucket List)
Skydiving en Bungee Jumping. Ek is ‘n adrenaline-junkie.
Wat is jou gunsteling:
Tipe Musiek: Pop, Rock, Country
Sangers: Bernice West, Ariana Grande, Adele
Band: Defnitief 4 Eva Young Band waarvan ek deel is. Imagine Dragons en Saartjie
Gunsteling liedjie: Natuurlik is my liedjie Carnival nou bo aan die lys.
Rolprent: Die movie Annie
Akteurs: Dwayne “The Rock” Johnson, Zendaya, Brumilda van Rensburg en Melinda Viljoen van Binnelanders
Reeks: Boer Soek ‘n Vrou en Ster Status
Kos en drankie: Sushi, Melk Kos, Chocolates en Ice Tea
Ontspanning: Om te swem, TV te kyk en saam met my boetie Board Games te speel.
Boek: My boetie se Diary of a Wimpy Kid boeke
Vakansie bestemming: Rocky Bay, want ek is ‘n kamp en see meisie
Kleur: Pers en Blou
Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.
Boelies, Besies, Mushrooms, Vuil Hande en Gate
Waar kan mense jou kry en volg?
Op Facebook (Caitie Rock) en Instagram (@CaitieRock) en my liedjie Carnival is ook op alle digitale platforms beskikbaar.