VOETSPORE…

WAAR ? ? ?

Ek walg aan hierdie wêreld !
So baie vlees !
So min Gees !

Ek walg aan die hoogmoed en die TROTS !
Ek soek verniet na mense wat die ROTS
MALKI – TSEDEK dien !

Waar – WAAR – WAAR
is U kinders ?
Ek roep en soek,
ek word verwerp –
ek word gevloek !

Was alles dan VERNIET ?
U bloed op Golgota
verniet uitgegiet ?

O Vader, ek pleit !
Maak kinders uit die KLIPPE
sodat U die harte van klip
uit kan smyt !

Elke Woord in die Bybel is WAAR !
Daar is níe tyd om te SPAAR !

Dit is LAAT !
Die EUFRAAT droog op !
Die riviere word bloed –
laat staan jou hoogmoed !

Buig voor die
E N I G S T E ROTS
waarop jy jou huis kan bou !

M A L K I – T S E D E K –
die Koning van Geregtigheid
wat Sy kinders veilig hou.

Hebreërs 5 : 6 + 10

Hebreërs 7 : 15 + 17 + 21

MALKI = KONING
TSEDEK = GEREGTIGHEID

Jesaja 2 : 10 + 11

Vader, U kan nie
in hoë torings bly nie.
Ek het U nog nooit
daar BÓ gekry nie . . . . .

U is onder by die wees
wat U in ootmoed vrees . . . .
By die wat K L E I N is,
sodat hulle U kan sien . . . . .
by die wat klein genoeg is
om te K N I E L.

Vyf letters –
Hoe span jy hulle in ?
Is jy die BEGIN
in jou eie oë ?

Of is jy bereid om
jou skoene uit te trek ?
Hoe ver is jý bereid om te trek ?

Soos Abram uit jou volk
en jou land en jou vader se huis . . . . .
anders sal jy nooit “. . . die land sien, wat Ek jou sal wys . . . .”

Dit is n R E I S
van groot na – klein
en van klein na – kniel.

Jy moet L E E R
jou broek kan maar verniel –
al is dit ál een wat jy het !

Altwee woorde begin by “K”,
maar tussen die “L” en “N”
van die Alfabet,
staan die “M” van die MAN
M E L C H I Z E D E K.

Hy veránder jou.

Jy sien, tussen die “K” en “N”
van klein, is n “ei”. . . . .
Hy is die M I D D E L M A N
wat vir jou moes L Y,
om jou na die “N” van nederig te lei . . . . . .

Solank as jou hoed
op jou kop is,
is jý die Baas van die Plaas!

Jy moet jou hoed afhaal !
Steek jou TROTS weg in die ROTS !

Sodra jy K L E I N genoeg is

om te K N I E L,

kom Ek jou H A A L !

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →