Kry 50%-afslag op alle skryfkursusse op Swart Vrydag!


As jy nog altyd ʼn skryfkursus wou doen, maar dit nog nooit kon bekostig nie is dit nou jou kans!
Hierdie Swart Vrydag sal jy 50%-afslag ontvang op enige aanlyn Skryfnet-kursus van jou keuse in 2023.
Al wat jy hoef te doen, is om tussen 25 en 28 November 2022 hier te klik (die skakel sal nie vooraf werk nie) om jou skryfdrome waar te maak.


Hier is ʼn lys van die opwindende kursusse wat vir 2023 beplan word en waaruit jy kan kies:
Inleiding tot Kreatiewe Skryfkuns.
Dié kursus, wat ontwikkel is deur prof. Hans du Plessis en deur Elzebet Stubbe aangebied word, is agt weke lank en vind plaas van 27 Februarie tot 24 April én 24 Julie tot 18 September.


Skryf ʼn Liefdesverhaal
Dié kursus, wat deur Madri Victor ontwikkel is en aangebied word, is ses weke lank en vind plaas van 13 Februarie tot 24 Maart én 4 September tot 16 Oktober.


Skryf ʼn Kinderverhaal
Dié kursus, wat deur Carina Diedericks-Hugo ontwikkel is en deur Nanette van Rooyen aangebied word, is ses weke lank en vind plaas van 17 April tot 29 Mei én 9 Oktober tot 20 November.


Gemeenskapsjoernalistiek
Dié splinternuwe kursus, wat deur Maroela Media ontwikkel is, is tien weke lank en vind plaas van 15 Mei tot 24 Julie én 7 Augustus tot 16 Oktober.


Skryf ʼn Liedjie
Dié kursus bestaan uit ʼn vier weke aanlyn sessie en twee dae praktiese kontaksessie en vind plaas vanaf 2 Mei tot 10 Junie.


Deelnemers wat ʼn kursus voltooi, ontvang ʼn sertifikaat van Akademia.


Vir meer inligting oor elke kursus, besoek Skryfnet se webwerf, stuur ʼn e-pos na navrae@skryfnet.co.za of volg ons op Facebook en Instagram.
Skryfnet is ʼn projek deur Maroela Media en Akademia.

Kliek op die skakel hieronder om na webblad te gaan.

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →