Vir 24 jaar in die musiekbedryf stel “Country Dame” Suzette Jacobs haar heel eerste kortspeelplaat vry. Suzette Jacobs vermaak haar gehore met vrolike musiek en uitklop konserte sedert 1998. Haar groot liefde vir musiek maak haar uiters populêr tydens vertonings en verskyn haar eerste album reeds in 2005. Sy doen ‘n wye verskeidenheid van musiek wat seker maak dat haar gehore aanklank vind tydens haar optredes en is die sleutel tot haar sukses.

Hierdie sprankelende sangeres ontvang in 2012, die toekenning as “Country Diva” van Kresendo. In 2016, word sy ver eer met ‘n “Melodie Toekening” vir “Country top 10 liedjie van die jaar” met haar weergawe van die liedjie “I don’t wanna play house”. In Maart 2016, verskyn Suzette ook in die TV program “My Leefstyl” op Gau TV. Sy deel gereeld die verhoog met bekende kunstenaars asook die “Country Legends” en is ook ‘n kranige MC wanneer die geleentheid daar is.
Die Afrikaanse enkelsnit ‘Sakabula” vanaf haar kortspeelplaat, geskryf deur Ronel Holtzhousen en getoonset deur Pauline Matthews gaan oor ‘n voeltjie, en die rede vir die gebruik van die sakabula voeltjie is omdat die naam ‘Sakabula’ uit die Afrikaanse kultuur kom. Sommige ken die Sakabula as die ‘donker ding’ uit die nag wat jou gaan vang en waarmee ouers hulle kinders bang gemaak het.

Die skrywer wou dit vermeng met die taal egte beskrywing van die voeltjie en wou die voeltjie se vrolikheid en lawwigheid uitwys as die ‘jaaaa ek gaan jou vang’. Ou Afrikaanse Woorde en uitdrukkings raak verlore. Saam op hierdie kortspeelplaat is daar nog twee snitte, naamlik ‘n oorspronklike engelse country liedjie, “Blue Skies” uit die pen van Leonard Schaafsma asook ook ‘n gewilde country “cover” liedjie “Have Mercy” waarvoor sy ‘n SACMAF (South Africa Country Music Association Foundation) toekenning ontang as die beste country “cover” liedjie van die jaar.
Sy was ook ‘n besoeker Holland vir ‘n Somertoer, op uitnodiging van Hosa Radio wat ‘n hoogtepunt is in haar loopbaan. As Country Sangeres neem sy die albums “No Wat Never” asook “Ek Kan Nie Sonder Jou Nie” op, waarop ‘n paar gewilde en oorspronklike liedjies geskryf was deur bekende musikante soos Anton Botha, Jakes Devenroux, Cyril Swart en Tony Ridgway.
Verder is sy ook te hoor op ‘n Gospel album getiteld “Getuienis Volume 2″. In 2016, verskyn die country album “Keep on Moving” , met ‘n paar gesogte liedjies geskryf deur die sanger en liedjieskrywer Leonard Schaafsma. “n Video Clip van die liedjie ‘Black And White Rainbows” geskryf deur Rudi Prinsloo en Ronel Holtzhouzen behaal spoedig 17 000 kykers.

Vroeg in 2022 word Suzette ook genader om deel te wees van die gewilde SA Country Divas wat bestaan uit 5 lede en wat ook ‘n SACMAF toekenning ontvang het as beste vroue groep van die jaar. Suzette het ook oor die jare ingetree as een van die Humble Hearts sangers onder leiding van Lientjie Bayman van die Rodeo Girls wat geld insamel vir behoeftiges.
Suzette se veelsydigheid is ideal vir die mark wat sy betree en met reg die perfekte kunstenaar vir bykans enige geleentheid
Olka Bolka Tydskrif het ‘n onderhoud met Suzette gedoen om meer oor haar uit te vind.
Vertel ons lesers waar jy gebore en grootgeword, waar bly jy tans?
Suzette is gebore op die dorp Tzaneen in die Laeveld en het groot geword op verskeid plekke soos haar ouers verhuis het oor die jare en sy is tans woonagtig in Olifantsfontein.
Wat het jy na skool gedoen?
Suzette het getrou en haarself toe bekwaam as motorwerktuigkundige
Wat doen jy behalwe musiek?
Ek gee voltydse opleiding in die motor bedryf.
Vertel my van jou nuutse enkelsnit?
My laaste album wat ek opgeneem het was in 2016 vrygestel en ek is baie opgewonde om nou weer die liedjies te kon opneem.
Die EP bestaan uit 3 enkelsnitte waarvan twee oorspronklik is en een ‘n “cover” snit is naamlik:
Skryf jy self jou liedjies?
Nee ek skryf nie my eie liedjies nie.
Is daar ‘n liedjie wat vir jou uitstaan wat jy opgeneem het?
Sakabula staan vir my uit omrede dit so ‘n lekker luister liedjie is en ‘n vrolike konotasie het wat die luisteraar hopelik ook in ‘n ligte luim sal plaas en tong in die kies sal laat glimlag oor hulle hul kinders bang gemaak het met die Sakabula en eintlik is die Sakabula ‘n pragtige klein vrolike voeltjie.
Wat verkies jy om Afrikaans of Engels te sing?
Ek vind aanklank in beide tale.
Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?
Ek geniet die lewe en gryp elke geleentheid aan wat oor my pad kom en is ‘n familiemens.
Wat is jou gunsteling Musiek genre?
Country musiek lê my baie na aan die hart.
Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie.
Ek is ‘n gekwalifiseerde motor werktuigkundige en was vir 15 jaar ‘n tydren navigator en het MSA ereklere ontvang daarvoor onderskeidelik in die jare 2006 en 2008.

Wat inspireer jou?
Klein goedjies in die lewe soos ‘n mooi blom, die getjirp van die voeltjies, die geluid van‘n waterstroom ,die reuk van grond na die reen, ‘n onverwagse glimlag, ‘n stywe drukkie van my kleinkinders.
Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?
Ek hoop om in die toekoms ‘n volledige album te kan opneem en elke geleentheid te kan aangryp wat na my kant toe kom.
Wat is op jou emmerskoplys? (Bucket List)
Om te leer perdry,’n instrument te kan bemeester en om Nashville te kan besoek.
Wanneer verjaar jy?
In die maand van Augustus
Wat is jou gunsteling:
Tipe Musiek: My musiek smaak is wyd maar country le my na aan die hart
Sangers: Barbara Ray en Sally Voughn was van kleintyd my Idols
Band: Huidiglik – WEST
Gunsteling liedjie: Angels Above me – Stick Figure
Rolprent: Brave Heart
Akteurs: Mel Gibson, Diane Keaton
Reeks: Binnelanders
Kos en drankie: Sushi en Rooiwyn
Ontspanning: Enige iets in die natuur:
Vakansie bestemming: Jeffery’s Baai, Zanzibar
Kleur: Pers
Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.
Oneerlike en agterbakse mense
Beurtkrag
Ertjies
Die EP Album is die 21 November beskikbaar op Apple Music, iTunes, Spotify, YouTube, Deezer, Amazon Music en meer.
Laai dit gerus hier af: https://dnamusiek.ampl.ink/SuzetteSJ
VOLG SUZETTE OP:
Facebook – https://www.facebook.com/suzetteartist
Instagram – https://www.instagram.com/suzette_jacobs
YouTube – https://www.youtube.com/@suzettejacobs
VIR MEER INLIGTING OOR DIE ENKELSNIT / KUNSTENAAR / ONDERHOUDE KONTAK:
Anton Fitchat
061 415 7737 | 081 804 6670