
Geleen
My kinders,
julle moet My kinders
van My vertel.
Weet julle nie,
as julle dit níe doen nie,
eindig hulle in die HEL ?
DIE STRYD OM ONS KINDERS IS FÉL!
Maak eers seker jou saak
met My is REG,
dan lei jy jou kind
op die REGTE WEG.
Tel jou kind op jou SKOOT,
en sê vir hom,
vandag my kind
moet jy KIES,
VÍR LEWE – TEEN DOOD !
Vir Dag – teen Nag
Vir Christus – teen Satan.
Maak n kolom.
Wat val onder Vader –
wat val onder hom ?
Onder Satan skryf jy
HEL
pyn
eensaamheid
donkerte
en lyding –
te veel om te vertel.
Onder Christus skryf jy
HEMEL
liefde
Vrede
vreugde
en ewige RUS.
Elke Pa, elke Ma
moet só vir sy kind
die KEUSE uitspel !
Wil jy vir my sê
jy het ALLES
vir jou kind vertel,
behalwe van die Hemel en die Hel ?
Jy leer hom tande borsel – aantrek – reg eet,
aan watter kant van die pad
om te loop –
maar jy swyg oor
die EWIGE LEWE
en die EWIGE DOOD ?
Wat is jou Verskoning ?
Hoop jy maar vir die Beste ?
Dink jy dis die skool
of die kerk se plig,
om jou kindjie “REG”
af te rig ?
Uit wie se Hand
het jy hom ontvang?
Ons is ALMAL in sonde
ontvang en gebore . . . . .
Ons is ALMAL verlore !

My kind,
neem vandag n BESLUIT.
Gaan jy die REGUIT PAD loop, waarvan ek jou vertel,
of die slang se pad wat kronkel en konkel tot in die Hel ?
Som dit vir jou kind op
in n neutedop. . . . .
Ek is nie GOD –
jy is net aan my GELEEN.
As jy Jesus Christus Melgisédek aanneem,
word jy SY kind.
Hy is AL – EEN
wat jou veilg kan hou.
Pappa – Mamma,
jou kind word groot !
Práát met hom
oor die Lewe en die Dood.
Jy is nie altyd daar
om hom te lei.
As jy hom lief het –
GEE HOM TERUG AAN MY !
Matt 19 : 13 – 15
Matt 21 : 16
Joh 1 : 12
Markus 10 : 15 + 16



‘n Klein stukkie . . .
My lewe is
soos lappies –
die dae aanmekaar geryg
Party dae skreeu –
ander dae swyg
Ry op ry
lê die blokkies
soos n legkaart
oop voor my . . . . .
Party is lig en vrolik,
ander is donker en olik
Ek wonder wat is meer . . .
die lig en die bly
of die pyn en die seer ?
Ek kan nie nou
al weet nie,
dis nog besig
om te gebeur !
Ek hoop net
as mý kombersie
eendag klaar is,
dat dit mooi en warm
en nie lelik en swaar is
My lewe is
n lappie,
in God
se gróót Heelal
Net n klein
stukkie
wat vir n
rukkie
die verhaal vertel,
van die lig en die kleur
en die hel en die treur
wat nóú
in my lewe gebeur.

