VOETSPORE…

Bloeiseldroom

My lewe lank
kyk ek deur trane
na die bloeisels
in my tuin . . . . .

Sal daar óóit n tyd kom
dat ek die MOOI
helder sal sien,
sonder n waas van pyn ?

Soos n BRUID –
rein en skoon –
staan my tuin se bloeiselboom.

Rein en wit
soos n bruid getooi,
lag die bloeisels wondermooi !

Vol GELOOF
in n nuwe lewe,
kan hulle nie wág
om hulle blaartjies
soos konfetti te strooi !

Vol VERTROUE
lag hul oor
die dag wat kom . . . . .
Gelukkig weet hul niks
van die nag
en die droogte
en die skroeiende son . . . . .

n Bloeisel dink
die lewe blink
en is rein en mooi . . . . .

Gelukkig weet hul niks
van die wind
en die hael,
wat hul blaartjies losruk
en soos n doodskleed
oor hul voete gooi . . . . !

Elke jaar dink ek –
hoe WONDERMOOI
het Vader
die Bloeiselboom opgetooi !

En elke jaar
as ek kyk na my boom,
weet ek –
vir mý –
bly dit net n DROOM !

God se Blom

God plant Sy blom
hoog
bo
teen die steilste kranse,
diep
onder
in die klowe,
waar net Hý kan kom . . . . .

Daar, in die suiwer lug,
met net die son
en God se Genade
om hom,
verwag God dat hy
moet groei
en tot Eer van Hom
moet bloei.

Sonder applous,
verwag God dat hy
Hom moet dien,
in EENSAAMHEID –
waar nét Hy
hom kan sien . . . . .

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →