JUAN BOUCHER se nuwe enkelsnit, DOGTER, sal vanaf die eerste noot aan die hartsnare tokkel.

“Ek wil graag eendag op hierdie liedjie met my dogter dans by haar troue,” sê Juan Boucher oor die inspirasie agter sy splinternuwe enkelsnit, DOGTER, wat beslis vir ander pa’s en dogters net soveel spesiale betekenis gaan inhou in die toekoms. Hierdie lied, wat vanaf die eerste noot aan die hartsnare tokkel, kom uit sy eie pen en is vervaardig deur Tertius Human.

Olka Bolka het bietjie meer uitgeind oor Juan Boucher.

Vertel ons lesers waar jy gebore en grootgeword, waar bly jy tans?

Gebore in Vereeniging en woon tans in Pretoria met die doel om in die Kaap te eindig.

Wat het jy na Matriek gedoen?

Na matriek het ek gewerk uit my ma se motor uit in Alberton as ‘n klere verkoopsman en reg na dit as ‘n forklift drywer en kabel maker by M-tec, copper kabels en optic fibre en toe word ek ‘n QC by die selfde firma.

Wat doen jy behalwe musiek?

My hele bestaan draai om musiek, dit hou my onsettend besig ek probeer op die stadium kyk na die eiendom mark om soveel as moontlik finansies te beskerm en te bou.

Vertel my van jou nuutse enkelsnit?

Dogter is my nuwe enkelsnit

En dit is gebaseer op al die dogters in Suid afrika en asook my eie dogter

Skryf jy self jou liedjies?

Ek skryf al my liedjies self saam met ‘n potlood en ‘n vars papier soos die ou skrywers dit gedoen het, die ou taylor kitaar in my kas is ook ‘n groot mentor as die lirieke klaar geskryf is. Ons maak goeie musiek saam.

Is daar ‘n liedjie wat vir jou uitstaan wat jy opgeneem het?

Ja beslis, elke liewe lied uit my potlood is soos my kinders so almal is spesiaal.

Wat verkies jy om Afrikaans of Engels te sing?

Meer Afrikaans as Engels maar ook lief vir Engels

Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?

Ek is baie skaam en introverties, ek hou van my stil tyd en kans om te droom, ek is lief vir my familie en my dogter en my vrou maak elke dag my drome waar, die feit dat ek kan bestaan en die heelal kan besigtig en probeer verstaan is die lewe vir my beslis hemel op aarde, ek geniet dit om net te leef.

Wat is jou musiek genre?

My musiek is iets van alles, dit is ‘n afrikaanse genre

Ek het onlangs iets opgeneem waar ek julle gaan verras

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?

Ek is die beste skaap en groente sop maker in Suid afrika.

Wat inspireer jou?

Mense en water, bome en planete, diere en weerlig maak my sien, donker midae net voor dit reën voel ek nostalgies

As jy saam met enigeiemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom?

Chris Stapleton of Kip Moore, hulle is my American Heroes

Wat is op jou emmerskoplys? (Bucket List)

My restaurant aan die Weskus

Wanneer verjaar jy?

24 Mei

Wat is jou gunsteling:

Tipe Musiek

Goeie afrikaanse musiek soos Spoegwolf en goeie dans musiek soos Armin Van Buuren en goeie country musiek soos Chris Stapleton en Kip Moore

Sangers

Sanger sal wees Sia en Lewis Capaldi en Chris Stapleton

Band

Band is beslis Queen en Kiss of so klein bietjie limp Bizkit

Gunsteling liedjie

Liedjie is vir my Let it be van Beatles

Rolprent

Die Elvis Movie

Akteurs

dit is tussen Brad Pitt of Robert De Niro

Reeks

“Breaking bad”

Kos en drankie

Wiskey en Skaap tjops of skaap nek

Ontspanning

Saam met my vrou in die bos of by die see met goeie viskos

Boek

Jan Spies Spieserye

Vakansie bestemming

Weskus 

Kleur

Die Khalahari kleur

Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.

Diere mishandeling 

Kinder Verwoesting

Baklei oor geld

Korupsie

Kyk na die video hier: https://youtu.be/EzEbSZwEuWw?t=11

Waar kan mense jou kry en volg?

Die liedjie is nou op alle digitale platforms beskikbaar, kry dit hier: https://linktr.ee/juanboucher
 

SOSIALEMEDIASKAKELS:
JUAN BOUCHER
Facebook: https://www.facebook.com/juanboucherpage/
Twitter: @juanboucher007
Instagram: @juanbouchersa
 

PUBLISITEIT & BEMARKING:
STARBURST PROMOSIES
Danelle Liebenberg ElFar
Sel: 071 534 7796
E-pos: danelle@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →