Daar word gepraat van ‘n Leeu wat sy stem dik maak… wel, dan hoor jy die naam Lion Jay.

Dit is nie te lank terug wat die musiek wêreld betree is deur ‘n nuwe gesig of te wel ‘n nuwe stem nie. In 2021 het ‘n nuwe ster begin skitter op die musiek horison toe ‘n oud-polisie kaptein sy opwagting gemaak het in die wêreld van vermaak.

Dit was duidelik dat hy ernstig was oor die “droom ‘n werklikheid  maak” aangesien hy sedertdien al 4 albums vrygestel het. Hy het ook met sy eerste eie debuut enkelsnit die hulp ingeroep van die groot kanon, Dennis East wat vir hom die treffer Dance Forever geskryf het. Met hierdie lied het hy no.1 op nie minder as vyf trefferlyste bereik. Hy het ook in 2022 die Melomaan toekenning vir “Beste nuweling” en “Beste Video” gewen. Onlangs is hy ook by SACMAF se jaarlikse toekennings bekroon as “Beste Nuweling”  en verwerf hy ook die gesogte toekenning “Mans kunstenaar van die jaar”.

Lion Jay brul voorwaar vir hom ‘n plekkie los in die harte van ons volk met sy eie styl en sy vars aanslag. Hy het self ook hand op papier gesit en ‘n hele paar liedjies geskryf wat redelik goed doen op die radio stasies wat sy musiek speel.

Sy nuutste enkelsnit wat in November vrygestel word is ‘n sprekende voorbeeld van sy eie styl en gee mens die nostalgiese gevoel van treffers van Neil Diamond en soortgelyke skrywers.

Yes I love you vertel van ‘n jong liefde wat groei en ewig is…daardie sekere liefde wat tydloos is. Die lied is universeel toepaslik en staan wydsbeen oor die Country en Pop ballade genres. Hierdie een sal jou gou laat saamsing na die 2de keer wat jy hom hoor en sal daardie tevrede glimlag op jou mond laat rus. Hoe dit ookal sy, is daar geen twyfel dat dansvloere menige geliefde paartjies in mekaar se arms sal sien nie.

Die lied is ‘n bevestiging van liefde en dra dié boodskap uit.

Yes I Love you is tegnies en musikaal baie goed versorg en is deur Hennie Ungerer van UNG Studio vervaardig en opgeneem.   Die lied word ook op meeste digitale platforms vrygestel en die Video is op You Tube te sien. 

         

Vir meer inligting,

kontak Leon Jacobs:

Sel: 0725700540;

E-pos: mr.musicmanpromotions@gmail.com

                           

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →