Die talentvolle Boksburg inwoner, Franco van Zyl stel sy debuut album vry met die naam “My Geheim” op die ouderdom van 23, en gaan beslis die mense wegblaas met nuwe talent. Alhoewel hierdie sy heel eerste musikale vrystelling is het hy al in sy Hoërskool jare toneel rolle gespeel en het reeds opvoering na opvoering gereis.

Hierdie Afrikaanse pop enkelsnit en ook die titel van sy album, “My Geheim”, het hy inspirasie gekry van sy heel eerste groot liefde. Met skryfgenoot Vincent Gordon het hulle dit beslis reggekry om die mense te laat aanklank vind met elke liedjie op die album. “Omdat die album meestal oor liefde gaan hoop ek dat mense aanklank sal vind. Liefde is tog iets waarna almal smag”.
Die produksie van die album het reeds begin in 2020 maar as gevolg van die pandemie omstandighede het dit ‘n rukkie gevat om die album te voltooi, maar dit was beslis die moeite werd.
Die feit dat Franco ‘n nuweling in die musiekbedryf is bid hy hard dat sy eerste album ‘n sukses sal wees, omdat dit grootste mylpaal in sy sangloopbaan is.
Franco se liefde vir musiek en toneel het al begin vanaf hy baie klein was en ook omdat sy familie musikale agtergrond het, voel hy dis nou die tyd dat hy sy stempel afdruk. Hy het begin deur om in ‘n landswye kompetisie “Talent Africa” deel te neem, en was een van die kanidate wie gekies was om SA te gaan verteenwoordig in Amerika. Hy het ook in die 2017 KykNet silverskerm film, “Die Man Met Die Snor”, verskyn.

Franco beskryf homself as ‘n “outjie wie met ‘n pop en gospel stem sing” en sy grootste invloed is Juanita Du Plessis. “Die jaar toe treffer ‘Lepellê’ uitgekom het, het haar plek in my hart geneem. Ek glo vir elke nuwe kunstenaar in SA, klink dit soos ‘n sprokies verhaal om saam met haar te wil werk of sing”, beskryf hy.
Hy het verduidelik, toe hy begin sing het, was hy nie beïndruk oor sy stem nie, maar met harde werk en oefening het hy gewoond geraak aan sy unieke stem en hoe om hom te bevorder.
Sy volgende doel wat hy wil beryk is om sy Gospel Album in middel 2023 vrytestel, en die boodskap wat hy daarmee wil oordra is om nederig te bly, maak nie saak wat gebeur nie.
Olka Bolka het meer gaan uitvind oor Franco:
Wat het jy na Matriek gedoen?
Na matriek het ek as n Intern begin werk by n Teater, LALT (Live Arts Little Theatre) wat ook my Drama skool in my matriek jaar was
Wat doen jy behalwe musiek?
Ek probeer soms kreatief wees, eks Hou daarvan om projekte aantepak. Ek is besig om te werk aan n Paar idees vir merge. Daar is heelwat mense Wie dit al gedoen het so ons probeer die idees so oorspronglik as moontlik Hou.
Vertel my van jou nuutse enkelsnit?
My Geheim is die titel van die album. Dis n liefdes liedjie geskryf deur Vincent Gordon en myself. Die inspirasie agter hierdie liedjie is n persoon wie daardie tyd my hart gesteel het en wie ek tot vandag toe n “Geheim” Hou
Is daar ‘n liedjie wat vir jou uitstaan wat jy opgeneem het?
Al my liedjies is vir my Baie spesiaal en elkeen het n Ander storie, maar as ek moet kies, sal ek sê “Golwe”. Golwe was my heel eerste liedjie wat ek opgeneem het en sal altyd spesiaal bly.
Wat verkies jy om Afrikaans of Engels te sing?
Ek is n groot aanhanger van beide tale
Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?
Ek is ‘n Baie skaam persoon maar op dieselfde tyd is ek baie lief vir mense
Wat is jou musiek genre?
Ek Hou van Gospel, dis my gunsteling
Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?
Ek is nie n groot aanhanger van televisie kyk nie. Ek sal veel eerder sit en musiek luister op my oorfone
Wat inspireer jou?
Mense en situasies inspireer my. Die goeie en die sleg.
As jy saam met enigeiemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom?
Sonder enige twyfel, Juanita du Plessis. Sy het van my kinder jare n groot impak op my gehad en ek het haar altyd bewonder.
Wat is op jou emmerskoplys? (Bucket List)
Ek is besig om klaar te maak met my volgende album. Die 2de Album is n Geestelike album wat in 2023 Vrygestel word en vroeg volgende jaar begin ons weer met nuwe materiaal vir die Afrikaanse POP Mark.
My grootste droom is om in n praise en Worship band te wees wat na alle plekke toer. Dit is die grootste doelwit op my emmerlysie

Wanneer verjaar jy?
Ek verjaar die 12 Julie
Tipe Musiek
Gospel, Country en Pop
Sangers
Internationaal: Céline Dion
National: Juanita du Plessis
Band
We the Kingdom
Jesus Culture & Jesus Image
Gunsteling liedjie
“My Heart Will Go On” van Céline Dion
Rolprent
Ek kyk nie so baie films nie maar as ek moet kies sal ek sê Son Of God wat in 2014 uitgekom het
Akteurs
Diogo Morgado & Nathaniel Buzolic
Kos en drankie
Ek is eintlik Baie eenvoudig as dit by kos en drankies kom, ‘n glassie rooiwyn en ‘n pizza is altyd n wenner!
Ontspanning
Vir ontpanning luister ek musiek. Ek vat gewoonlik my oorfone en Dan skakel ek myself af van die wêreld daar buite
Vakansie bestemming
My idee van ‘n lekker vakansie sal definitief in die Maldives wees!
Kleur
Ek is nie seker of dit as ‘n “kleur” tel nie maar goud is my gunsteling.
Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.
Spinnekoppe
Slange
Hoogstes
Die album is die 30 November beskikbaar op Apple Music, iTunes, Spotify, YouTube, Deezer, Amazon Music en meer.
Laai dit gerus hier af: https://dnamusiek.ampl.ink/MyGeheimFVZ
Waar kan mense jou kry en volg?
Mense kan my volg op Facebook en Instagram. Daar sal ook binnekort Ander platforms bekend gemaak word.
Facebook – https://www.facebook.com/franco.vanzyl.12
Instagram – https://www.instagram.com/franco_gvz
VIR MEER INLIGTING OOR DIE ENKELSNIT / KUNSTENAAR / ONDERHOUDE, KONTAK:
Anton Fitchat
061 415 7737 | 081 804 6670
