Jaenette Jacobs n sielvolle donkerkap,Tv Aanbieder, Model en Nou eienaar van haar Eie Promosie Besigheid.
Jaenette Gesels oor haar Besigheid, Drome & Liefde.

Vertel ons meer oor JL Artist Management
JL Artist Management was gebore tydens Covid 19, na 15 jaar in die bedryf het ek gevoel dis tyd om agter die skerms in te klim, en jong modelle wat dieselfde passie het as ek destyds, tou wys te maak oor wat in die bedryf aangaan, en dalk vinniger n hupstoot te kry agter die kameras.
Die passie om Kunstenaars te help het destyds al begin by KKNK toe ons n hele venue self moes hardloop en kunstenaars boek, en omdat ek bevriend is met meeste van die kunstenaars, was ek so bevoorreg om hul onder my vlerk in te vat en hierdie droom van my n realitiet te kan maak.
Wat behels JL Artist Management
Ek het n hele paar modelle wat ek werk buite voor kry vir alle Tv werke, Promosie werke, Musiekvideos, Feeste ens. Dan help ek ook 12 kunstenaars met hul boeke en bestuur van hul bemarking. Ek word ook self geboek as Mc en sit n hand by met Feeste en Funksies bymekaar gooi.

Daar is moontlik Nuwe Uitdaging vir jou in 2023, wil jy meer deel oor dit? Jy was die aanbieder & wenner van Sterstatus, sien ons meer van jou op die Kassie in 2023?
Ja, ek is geseen met n wonderlike Geleentheid en meer Tv werk, maar ek mag ongelukkig nie nou al uitbrei oor dit nie. Ek is vreeslik opgewonde. Byt vas, nuwe jaar is om die draai. Ek het n groot passie vir kamera werk en sal graag meer ervaring wil opbou in die Afdeling
Sone Joubert jou kunstenaar het n nuwe enkelsnit uit, vertel ons meer oor dit? En hoe julle saamwerk as n span.

Ek en Sone kom al baie jare saam, agv Sone ondersteun ons mekaar van dag 1 af van vriendskap, ek sien groot deure nog vir haar oopmaak. 2 enkelsnitte is uit Sober Sondag Begeertes asook Spoke. Gaan luister asb dit op alle platforms. Baie Langaande, wonder, trane se werk gaan in lirieke in, en dis absoluut 2 enkelsnitte wat jy graag wil luister.
Ons baklei, ons stry ons maak mekaar moeg in JL Artist, maar elke dag tel ons ons koppe op, en veg om ons naam daar buite te hou en ons weet Groot deurbrake en avonture gaan nog op ons wag. Hou net aan probeer. Covid het ons lelik seergemaak, maar ons is nou reg vir 2023.


Ek en Sone het die geleentheid om 2 oorde se Entertainment aan te pak in Desember en hoop om vele Geleenthede soos die te kry. Sy doen die Musiek, ek MC en so doen ons saam die Speletjies met die vakansie gangers in die oorde.
En Jaenette en die Liefde?
My bedryf is maar moeilik, en dis moeilik om iemand te kry wat dit verstaan en wat jou daai spasie gun om te groei en jouself te wees ongeag wat. Laat aande, Cd Launches, Funksies, “Lives” dis maar moeilik om aan te pas by so leefstyl, ons doen wat ons kan om te bly groei in die bedryf. Ek weet my Perfekte pasmaat sal hierdie 100% verstaan en saam my wil groei en strewe om alles n sukses te wil maak. My respekteer en eerder saam my wil groei as apart. Ek is op n Goeie Plek nou, en kan vir n slag asem weer haal en net myself wees daarbuite.
Jy en Sone Joubert stap al n lang pad saam, hier is paar vrae wat ons Sone Joubert gevra het ook.
Sone Vertel ons meer van jou nuutse enkelsnit?
So ons almal weet hoe dit werk in ons industrie gewoonlik stel jy 1 enkelsnit op n slag vry en ek het toe bietjie upstream geswem en besluit om 2 enkelsnitte vrytestel. “Sober Sondag Begeerte” is die een wat ek en n bitter goeie vriendin saam geskryf het ,Leticia Vis, nou soos meeste sangers weet,vloei ons emosies maar wanneer ons n bietjie moed in het (Jack daniels honey) haha.. maar die song het toe ontstaan oor dinge wat ek en Leticia ervaar het in ons lewe en ek seker is miljoene ander mense ook al deur gegaan het. Die vraag uit hierdie song is “Wie is JOU sober sondag begeerte?” Ons almal was al Iemand se “drunken dail” gewees en die boodskap hier uit is maar net “TO KNOW YOUR WORTH” ons almal het al so gesmag na liefde dat wanneer liefde vir jou in broodkrummeltjies gelos word ons almal daarna hardloop om jet n bietjie van 1 mens te kry.

Wat inspireer jou?
*Emosies!!! Ek dink daar is so baie dinge maar een wat my dryf is dat ek n God gegewe talent ontvang het en ek weet die Here het n plan met my talent om n verskil te maak
Skryf jy self jou liedjies?
Ek skryf my eie liedjies dit is 100%. My doel is om as Independent artist n skokgolf deur ons industrie te stuur om te wys dat ons dit ook kan maak in die mysiek bedryf
Is daar ‘n liedjie wat vir jou uitstaan wat jy opgeneem het?
*Ek dink al die musiek wat ek al geskryf het en beskikbaar gestel het speel n groot rol in my lewe. Maar alles het begin by “Meisie van follow the sun” . Die song beskryf soveel rou dele van my en waardeur ek gegaan het in lock down ens, dat daai song was die eerste volle song uit my eie pen! En ek koet sê ek voel trots, “meisie van follow the sun” sal altyd vir my as kunstenaar en mens iets groots beteken want hierdie song het my deure oopgemaak na my skryf kuns toe *

Vinnige Vasvrae vir Jaenette & Sone
Wat is jou gunsteling Sone: Wat is jou gunsteling Jaenette:
Tipe Musiek – Iets wat praat met my siel Tipe Musiek: Iets wat my hartsnare raak
Band – Spoegwolf Band: Spoegwolf
Gunsteling liedjie– Oh genade Baie! Gunsteling Liedjie: Op die stadium Dodo /Fotos
Rolprent/Reeks War Room / The Shack Rolprent/Reeks: Heartland Series /Dirty D
Kos en drankie– Sushi & koffie/Whiskey & bier Kos & Drank: Braaivleis,Tequila,CHSE Platter
Ontspanning – Beach time Ontspanning: Bosveld en Perdry
Vir besprekings Jaenette as MC of Sone as kunstenaar– artist@jlmanagement.co.za
Sone Joubert
Tiktok– amptelik_sone_joubert
Facebook– Sone Joubert Artist
Insta– sone_official_artist
Jaenette Jacobs
Tiktok: Jaenettejacobs0
Facebook: Jaenette Jacobs Page & JL Artist Management Page
Instagram: JL Artist Management / Jaenette Jacobs
