DIE MUSIEKVIDEO VAN ANDRIËTTE SE NUUTSTE TREFFER IS NOU BESKIKBAAR!

Andriëtte se nuutste enkelsnit, SONDER LIEFDE, is onlangs uitgereik en reeds besig om die trefferleer te klim.
 

Daarom is dit heel gepas om by te dra tot die opwinding, met die vrystelling van ’n musiekvideo wat net so mooi is soos die liedjie waaroor dit gaan.
 

Die enkelsnit, uit die pen van Noa Milan en ateljee van Dirk van Niekerk, gaan oor hoe liefde al is wat oor is in die moeilike tye waarin ons vandag leef en dat die gee en neem daarvan is wat ons staande hou.
 

Dieselfde boodskap, dat niemand sonder liefde kan klaarkom nie, word in die pragtige musiekvideo vasgevang wat vir dié snit verfilm is.

Ons beeld oomblikke uit van hoe dit iemand se dag kan opkikker deur net liefde te toon en tyd aan hulle te gee,” verduidelik sy.

Die video is nou op die kassie te sien. Kyk dit hier: youtu.be/7NsxNvIoRhA
 

SONDER LIEFDE, wat die sangeres se fluweelstem soos ’n handskoen pas, volg in die voetspore van talle radiotreffers, waaronder Mis jou Meer, Dink aan My, Vat my hoër, Sewe Oseane, Napoleon, My Kind, Bittersoet van Liefde, Dinge, Druppel in die See en vele meer.
 

Andriëtte het die musiekmark in 2007 betree nadat sy as naaswenner aangewys is van die Suid-Afrikaanse weergawe van die musiekprogram, IDOLS.
  Kort daarna is haar eerste album, Diamant, uitgereik waarvoor sy in 2008 ’n Vonk-toekenning ontvang het vir Beste vroulike kontemporêre album gewen het. Nog ses suksesvolle albums het gevolg, waaronder Wat Rym met Liefde, wat ’n Ghoema toekenning gewen het in 2014 vir Beste vroulike kontemporêre album. Verder was sy ook al deel van van die grootste musiekkonserte in die land, waaronder Huisgenoot Skouspel en Krone.
 

Dié 36-jarige Kapenaar, gebore en getoë in Brackenfell, woon tans in Durbanville saam met haar man en drie seuns. Na skool het sy eers in die skoonheidsbedryf gewerk voordat die musiekgogga haar gebyt het. Tans ontvang sy verder musiekopleiding by Amanda Luyt.
 

Volgens haar, sing sy graag oor die dieper dinge wat haar hart raak, soos die liefde, natuur, familie en herinneringe. Daarom lê haar jongste enkelsnit haar so na aan die hart.
 

SONDER LIEFDE is ’n hoendervleismooi liefdesliedjie met ’n inspirerende boodskap wat nog vir baie lank gewild gaan wees onder Afrikaanse musiekliefhebbers.
 

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook:   https://www.facebook.com/Andriette
Instagram: @andriette.norman.official


 PUBLISITEIT & BEMARKING:
STARBURST PROMOSIES

Danelle Liebenberg El Far
Cell: 071 534 7796
E-mail:danelle@starburstmusic.co.za
Webwerf:www.starburstmusic.co.za

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →