Gelofteweek skop af 8 Desember by Voortrekkermonument.

Ons tel die dae af! Dit is amper tyd vir die afskop van die Gelofteweek waarna almal met afwagting uitsien. Hierdie jaar gaan ons groot en ons kan nie wag om dit saam met julle te vier nie.

Kom geniet ’n gratis aand van verwondering en Kersliedere by kerslig-samesang op die voorstoep van die Voortrekkermonument en word bekoor met ’n skouspelagtige optrede deur die Pretoria Simfonieorkes en Singfonix.

DATUM: 8 Desember 2022
TYD: 18:00
PLEK: Voortrekkermonument

RSVP asb. by Marike Prins by marike@kultuurtuiste.org.za

Wat kan jy nog tydens Gelofteweek verwag? Kyk gerus hier

Onthou om te registreer om jou GRATIS besoekerskaartjie te ontvang. Registreer by https://vtm.org.za/gelofteweek2022/ 

SIEN JOU DAAR!

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →