Is jou vakansieplanne al gefinaliseer?

Wil jy miskien ’n ekstra stop inwerk op pad na jou vakansie-eindbestemming? Waar kuier jy hierdie jaar op Oujaarsaand?

Die FAK Udolpho Rivierplaas het nog enkele verblyf- en staanplekopsies beskikbaar vir die komende Desembermaand, en ons kan nie wag om jou te verwelkom nie! Bespreek jou plek vandag nog by een van ons reeks selfsorg-akkommodasiefasiliteite wat wissel van pragtige oewerhuise, chalets, staanplek vir woonwaens en tente en natuurlik ons twee nuwe, uiters gewilde ossewakampe!

Ons legio ontspanningsaktiwiteite bied aan jou die geleentheid om jou skoene te kom uitskop, te rus en net weer heel te word. Hier kan jy kom stap, draf, fietsry, visvang, mini-gholf speel en swem, om maar net ’n paar te noem!

Maak gerus ook ’n draai by ons snoepwinkel waar ons speelgoed en verskeie speletjies te koop aanbied wat sal sorg vir ure se vermaak vir die jongspan en gesellige samesyn as gesin of vriendekring!

Verwelkom die nuwe jaar met ’n lekker braai by een van ons gewilde ontspanningsfasiliteite – die Byeboerwa Lapa, Weiveld Lapa of Oukraal Lapa.

Kom beleef Afrikanergasvryheid op sy heel beste en bespreek vandag nog!

Kontak Jane du Plessis by besprekings@fak.org.za of skakel 056 818 1197. FAK Udolpho Rivierplaas. Jóú familieplaas!

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →