Die internasionale produksie sien volgende week die lig op alle digitale platforms.

Pyn, die splinternuwe enkelsnit vanaf die opkomende album Sirkus Applous Encore Karnaval, premiere vandag in die vorm van ‘n unieke lirieke video.
https://youtu.be/Tt9ZVCL21Gw
Die pop-rocker sprei sy vlerke regoor die Indiese Oseaan – al die pad tot in Australië met die nuwe produksie wat opgeneem is in die bekende Gold Coast, asook die Noordkus van Suid-Afrika.
Kaley is ‘n Australiaanse nagtegaal wat Afrikaans foneties geleer is vir die nuwe treffer. Pyn word uitgereik 9 Desember 2022 op alle digitale platforms deur Next Music.
Die enkelsnit word boonop vergesel deur ‘n tweede uitreiking op dieselfde dag, nl. die “Sandy Robbie Remake” van Everything We Say.

Die dans treffer wat spog met die klanke van Algorrid3m, bevat ook subtiele ondersteuning deur Kaley.

Vir navrae, kontak musiek@egmond.co.za of besoek www.egmond.co.za.