
‘Sterredak Heelal’, wat op 18 November in die kollig was, word die week Saterdag, 3 Desember opgevolg met ‘n hartverblydende musiekvideo. Die storie in die musiekvideo vertel ‘n verhaal van hoe twee sielsgenote mekaar vind en deur die jare iets besonders skep – op dieselfde tema soos dié van die oorsprong van die liedjie, wat terug strek na 23 Desember 2021, toe Petronel Baard en Helena Marais vir die eerste keer paaie gekruis het per toeval en die twee verwante geeste iets besonders mooi saam geskep het.
“Die musiekvideo is geskiet in Klein-Brakrivier – waarlik dié lekkerste projek met die mees uiteenlopende, kreatiewe mense saam! Aan ons ander talente, Anrich Herbst, Erica Wessels, Wilmar en Annalie Marais – baie dankie vir jul pragtige toneelspel en geesdrif! Verdere dankies aan Loki Rothman by Rothman Records vir die klankvermenging en vervaardiging van die lied, John Rogers al die pad in die VSA vir die meester van die klank, Efpe Senekal vir die musiekvideo se maak, Mordegai’s Photography vir die ongelooflike foto’s en Reach Creative vir die grafiese ontwerp. Baie dankie ook aan Spin City Publicity wat ons publisiteit en bemarking behartig.
Laaste maar nie die minste nie, dankie vir almal se liefde en ondersteuning deur die loop van die projek – vir julle is ons bitter dankbaar!”

Die enkelsnit se musiekvideo word amptelik op 3 Desember uitgesaai op ‘n eksklusiewe premiere tydens KykNet se Ontbytsake program asook op Petronel se YouTube kanaal hier: Petronel Baard asook op Facebook bekend gestel om 09:00 vm https://af-za.facebook.com/petronelbaardofficial/
‘Sterredak Heelal’ is beskikbaar op alle digitale platforms.
SKAKELS:
Webtuiste: https://petronelbaard.com/
Enskelsnit Vrystelling skakel: https://petronelbaard.hearnow.com/sterredak-heelal
Instagram: @petronelbaardmusic
Facebook: https://af-za.facebook.com/petronelbaardofficial/
Twitter: @PetronelBaard
Spotify: https://open.spotify.com/artist/4J1h9siHxQN6QFm1WVwpOG?si=phim8jmGT0KUVCmci8kGQg
Apple Music: https://music.apple.com/us/artist/petronel-baard/769276911
Best regards/Beste groete,
Margot van Wyk
072 225 2312
LINKED IN: https://www.linkedin.com/in/margot-van-wyk-realnet-98301098