VOETSPORE…

TYD

Het jy vyf minute tyd
om na my te kyk –
en my regtig RAAK te sien ?

Het jy n paar minute tyd
om my vas te hou
omdat jy regtig van my HOU ?

Sien jy kans
om so n rukkie
net STIL
by my te staan
want jy VERSTAAN ?

Is jy bereid
om jou HAND
vir n paar sekondes sag
op myne te lê –
sonder om iets te sê ?

Dankie
vir jou HART,
wat SAAM met myne klop,
dit gee my moed
as dit voel
of myne wil stop.

Vir jou

Vir jou wil ek sag en fyn wees,
sonder growwe riwwe van klip,
sodat as jy aan my dink -,
dit sonder pyn is,
en jou gedagtes oor my kan glip,
soos koel water oor n gladde klip . . . . .

Vir jou wil ek lig en klein wees – soos n vlinder wat saggies op jou hart gaan sit,
sodat jy in verwondering kan vries –
en weet –
n oomblik in ewigheid gestil

. . . . . ek het jóú uitgekies !

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →