VOETSPORE…

Die Kananése Vrou

Ek klou soos n drenkeling
aan die SLIPPE van U Kleed
“Here, help my, ek gaan sink !

“Nee, jy is nie My kind.
Die kos is vir die kinders.”

Ja, maar die hondjies
moet ook eet.
Ek het U Stem gehoor en geweet,
uit die KLIPPE
máák U n kind !

Ek weet van die klippe
en die tafel,
maar ek is tevrede
met n rafel . . . . .

AL wat ek vra, is,
laat my toe om
die krummels op te tel,
wat van die kinders
se tafel VAL !

Die graf is leeg –
U HET OPGESTAAN !
U het die weg gebaan
vir die Samaritaan
en almal wat daar ver is.

Nie net Israel nie
maar ook óns BLAAM
is uitgewis !
Niemand wat U aanneem
sal die Ewigheid mis !

Die Ou Verbond is verby –
die Nuwe Verbond is deur
U Vleesdood ingelei !

Die bande is los –
dit is AFGESNY !
Die grafdoeke het
in die graf agtergebly !

“Wilde Olyfboom
dit is tyd !
Ek roep My kinders
vér en wyd !

Ek gee My Naam
aan elkeen wat My aanroep !
Aan elkeen wat My
met hulle héle hart soek !

My GENADE maak jou VRY !
In die Nuwe Verbond
is jy DEEL VAN MY ! “

Matt 3:9 “En moenie dink om by julleself te sê, ons het Abraham as Vader nie, want ek sê vir julle, dat God mag het om uit hierdie klippe, kinders vir Abraham op te wek”.

Matt 15 : 22
Efes 2 : 13
Efes 3 : 6

Parasiete

Parasiete teen die kant
van die Ark . . . . .
Ons ry orals saam !
Ongemerk klim ons op !
Ongemerk klim ons af !

SAAMRYERS !
Nulle op n kontrak –
hoort by die AGTERBLYERS !
Dra nie by – vra net heeltyd, “wat het jy vir my ?”

Word spekvet op kos
wat jý agterlos,
en as jy hulp vra,
hoor jy, “maar jy is dan
die een wat mý dra !”

As jy vra vir bid –
“maar ek is gewoond
om net te sit !”

Dis só gerieflik !
Ons dra jou naam,
ons doen geen werk,
Ons maak geen merk . . . . .

Maar wee die dag
as almal vir hulle wag
vir n belangrike uitslag !
Dan wring hul hul hande
en staan met n mond vol tande !

AGTERRYERS –
wat maar net saamdraf !

WEE LAODICEA !
DIE SOUT IS LAF !

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →